Friday, May 23, 2008

Thai Verjaarsdag





THAI VERJAARSDAG

Ds Visal verjaar 19 April saam met Ma Nonnie van SA. Ons word genooi om saam met hom en 6 ander Thai’s die dag deur te bring.
Ek begin bid want ons gaan op longtailboat die agterkant van die eiland verken. Hulle het gaste van Surithani en Bangkok. Ja seesiek en vir die hele dag kan nogal ‘n konsternasie wees.

Die vorige nag is ek lelik siek ons het sondag by die kerk hoenderpote gekry, ai ouens hulle skep groot borde vir my en Cobus ek draai vreeslik genadiglik vat iemand ons plek op die tafel ek wys dat dit heeltemal in orde is””Dankie JESUS”” gaan skep self noodles , nie my gunsteling nie, werklik taai noodles en vat ‘n bietjie sous om nou nie te heeltemal snaaks te lyk nie, daar is gelukkig pynappel ek skep ook dit in. Hulle wil help ek wys ons is reg.
Genadiglik is daar ook nie plek aan die tafel vir ons nie, want hier skep hulle sommer vir jou van alles en nog wat in jou bord ongevraag. Ek is regtig siek en naar, drink medisyne en voel maandagoggend ok. Maar ver van reg af.

Ons moet mekaar 930vm by kerk kry, ja dit is pakkaas, ons moet ons eie kos vat ek koop brood en kouevlies by 7 eleven. Visal bring pot rys en OR kom wys opgewonde vir my die seekat wat ons daarmee saam gaan eet, na die vorige nag maan ek Cobus ernstig jy sit nie jou mond aan daardie goed nie, dit is doodsake vir ons.
Ons reis per motorfiets na Chaluklum so 8km ver en die pakkasie, visstokke , ryspotte en groot kan water alles word saam gekarwei.
Ook borde en vrugte chipps – hierdie mense kan eet ons probeer uitvind wat hou hulle so maer dit kan seker net al die jippo wees, want eet , eet hulle goed.

See is kalm, baie mooi ander mooi as hierdie kant waar ons bly, piekniek spot ons gaan eet by waterval wat KING RAMA 5 by was baie groot vir hulle. Maar vir ons Suid Afrikaners is dit net stroomversnelling. Kyk maar die foto’s vir die hele verhaal.
Ons eet rys en bruinbrood en koue vlies.

Ons stop by Bottle Beach en Cobus en paar van hulle gaan swem ek le loom op die strand onder groot boom en suig ‘n bottle water.
Ons vertrek na ander strand en daar voer ons die visse en hulle begin hierdie klein vissies vang. KYK foto hulle maak vir Visal gaar vir sy verjaarsdag. Baie opgewonde ons sou nie eers dink om daardie vissies te eet nie, o .ja die visse wat gevang is indie ricecooker gebere tot by die huis.

Ons het vir Visal ‘n koek gekoop om te eet., Hulle hou mos nie regtig verjaarsdag nie en OP FOTO sny hy koek en ons eet baie lekker , maar ai, nie SA koek nie mis ‘n lekker sjokalade koek met karamel.
SA tuisnywerhede is spotgoedkoop hier kos ‘n klein sjokaladekoek R150.00. Dus koop julle koek gerus. Hopelik verjaar daar nie gou weer iemand nie.

Ons is klaar met kennisgewingbord en ons is volstoom aan die engelseklasse gee. Die een gesin is so dankbaar dit is regtig net ongelooflik om te sien hoe hulle blom oor die klasse.

Goed gaan en los maar vir ons boodskap op blog.

Prajoa ouy porn Khun
KHOO EN DEE

No comments: