Wednesday, October 20, 2010

Verjaarsdag Hope Koh Phangan


Hope of Koh Phangan het sy sesde verjaardag gevier en ons baie

dankbaar vir die groei wat in 2010 plaasgevind het.


Ons oggend gebedsgroep het baie mooi gegroei en ons is dikwels

17 mense wat soggens saam bid. Hier sien ons hoe gebede

beantwoord word - van dit moet reen en asb nie reen nie, tot

genesings van siekes.


Die Bantaai Hope is ook mooi op dreef en ons dankbaar dat die

aanddienste baie mooi bygewoon word, iets wat nuut is vir

die mense op die eiland.


Die Sondagskool van Hope is ook geseend met tot 22 kinders

op Sondag, ons verdeel die twee groepe na die ouer en jonger

kinders, ons dank Ons Hemelse Vader vir hierdie kindertjies.

Dikwels buddistiese kinders wat ook saam met Christen maaktjies

kom, ons glo dat die materiaal wat huistoe gaan ook sal spreek

tot die ouers.


Sandduine Seen

Cobus en Deirdre