Thursday, January 31, 2008

Nuwe Fotos
























Die Vissie

Die Vissie

Die klein vissie swem, duidelik gestres, op en af in die middel van dieoseaan. Hy swem by die groot vis verby, en die ou kan sommer dadelik siendaar's fout. Hy roep die klein vissie terug en vra hom waarna hy so ernstigopsoek is. Die vissie sê toe dat hy dringend opsoek is na water, want hy'tiemand hoor sê dat 'n vis doodgaan sonder water.

Die groot vis, duidelik al 'n "old campaigner", antwoord: "Maar Vissie, jyswem nog jou hele lewe lank in die water...!"

Wat 'n openbaring vir die klein vissie! Hy kon nie gou genoeg terugswem nasy vriende toe om vir hulle die goeie nuus te gaan vertel nie!

As ons maar elke dag kan besef ons swem in die seën van God, swem invoorspoed, swem in geluk en blydskap en swem in die liefde van ons almagtigeVader!

Dit is somtyds net nodig dat ons stop en dit raaksien! Somtyds is dit selfsnodig dat ons so 'n tydjie afknyp om God te bedank daarvoor.

Wees jy nou die klein vissie en gaan vertel jou e-pos vriende waarmee Godjou VANDAG geseën het!
Ek het vandag 'n werk, kos, klere, 'n huis, 'n motor, familie, vriende enervaar liefde. Ja ek LEWE in GENADE.

Ek DANK U, My Vader Heer vir alles waarmee U my so ryklik geseën het.

Tuesday, January 22, 2008

Monday, January 21, 2008

Koop nou 'n Persoonlike Getuienis DVD



Praat God met 'n Mens? DVD is n persoonlike getuienis deur Cobus van Wyk, wat 'n mens meer insig geen oor die wonderlike manier waar God teenwoordig is in 'n mens se lewe.

As n Graag 'n Copie van DVD wil hê kontak Andrea by andrea@genesislabour.co.za

Die DVD kos slegs R 50.00 vir elke DVD wat verkoop sal ons R 30.00 borg tenopsigte van die Thailand Sending.

Groete uit Thailand



SONDAG IN THAILAND
Ons tweede Sondag in Thailand is amper agter die rug. `n Mens kan nie dink dat die tyd so vinnig, maar tog ook so stadig verby gaan nie. `n Mens bly dink en wonder wat maak die mense nou by die huis. Ons het nog geen Suid Afrikaners op die eiland raakgeloop nie. Hier is baie Aussies asook mense van Europa. As die Thailanders hoor ons is van SA dan wil hul dadelik weet hoekom is ons dan nie swart nie. Die Europeers is weer baie ingelig oor SA se “crime”en wil weet hoe beveilig ons ons self.

`n Bietjie meer oor ons ” huisie”. Dit is toe piek seisoen toe piek seisoen toe ons hier arriveer. Die pryse vir akkommodasie is toe hoer as verwag. Ons moes toe maar die goedkoopste beskikbaar vat. Ons huisie is `n hele 3 x 2.5 meter met `n badkamer van 2.5 x 1.2 meter. Daarin is `n toilet en wasbak. As jy wil stort (koud) sit jy op die toilet en was jou met `n handstort. Die kamer het `n bed van 2.1 x 1.8 meter in, so daar is nie genoeg spasie dat ek en Deirdre by mekaar kan verby skuif nie. Een moet op die bed sit of uitgaan op die stoepie as ons posisies binne wil ruil. Ons sien dus baie uit na Kho Phangnan se hopelik groter huisies. Ons beplan om weer op Longbeach te gaan verblyf soek. Die huisies was laas baie groter vir dieselfdeprys as wat ons nou betaal.

Ons kon toe heelwat hier van Christene uitvind. Hier is 3 kerkies. Die een het nie `n priester (Katolieke) nie en ons kon geen mense daar opspoor nie. Dit is alles baie onversorg daar. Die een kerk waar ons sommer baie tuis by gevoel het is `n kerk waar `n Chinese pastor (Thom) en sy Thaise vrou (Anne) wonderlike werk doen. Dit word bedryf onder World Missions (WM) maar is van Koreaanse oorsprong. Dit staan as Yewon Church (Presperitaans) bekend. Hulle was vanoggend so 30 in die diens waarvan meer as die helfde kinders was. Hulle hanteer die diens in Thai, Koreaans en Engels. So ons kon ook verstaan. Ons het daarna saam met hulle gaan eet. Het vir hulle `n Message Bybel en die plakkaat van die bree en small weg gegee. Pieter jy moet asb vir ons `n hele paar van daardie plakkte saambring.

Dit het maar woes met Deirdre aan die begin gegaan. Ek moes net so hard soos julle bid, maar ek dink sy is vir eers deur die ergste. Die feit dat ons julle oor `n paar weke sien maak alles sommer baie meer aanvaarbaar. Ons het omtrent die eerste paar dae net gery en gesoek en navorsing gedoen. Ons het gou besef ons is hier vir werk en nie vir vakansie nie. Ek het eers twee dae terug die eerste keer kans gekry om te kan gaan swem, en ons bly minder as 100m van die see af.

Met ons navrae oor skoolhou het ons uitgevind dat ons nie vir visas kan kwalifiseer as ons nie die TEFLA kwalifikasie het nie. Selfs al volunteer ons om gratis skool te hou. Ons moes dus met die vrou wat die kursus aanbied gaan praat en het uitgevind dat ons baie op kostes kan sny deur sel akkommodasie te kry, ens. Ons het ons alies letterlik afgesoek na bekostigbare blyplek (my alie is nou nog half dood en seer van al die motorfiets ry) Ons het `n pragtige kamer met `n klein woonkamer en badkamer (alles nuut) tussen die Thaise mense gekry. Dit is goedkoop in ons terme, ongeveer R1200/maand. Dan moet jy nog water en ligte van ongeveer R120 /maand bywerk. Die ander voordeel is dat ons dan tussen hulle sal bly waar ons voluit kan werk onder hulle. Die probleem is egter of daar nog plek gaan wees as ons April kom vir die Prayergroep en ons opleiding. Julle moet hard bid want die volgende opsie kos ongeveer R 3000/maand.

Deirdre het die afgelope 2 dae lekker met Thaise kindertjies op die strand gespeel. Hulle is so soet en gemanierd. Ons wens ons weserlinge se kinders kon sulke maniere he. Dit is erg om te dink hulle weet nie eers dat daar God is nie en dat Jesus vir ook hulle aan die kruis gesterf het nie. Daar le nog `n enorme taak vir die Christene voor.
Ons gaan more met die boot oor na die ander eiland toe. Ons gaan kyk of ons van die begin af `n bungalow met 2 beddens kan kry dan kan Louise sommer van die begin af by ons kom inboek. Ek gaan probeer om `n bangalow langs of so naby moontlik aan ons te kry vir Pieter en Santjie. Ons sien vreeslik uit na julle kuier en ons gaan lekker dinge saam doen. Louise jy moet solank oefen om motorfiets te ry. Pieter ek neem aan jou skills is op datum. Ek beplan om `n Suzuki jeep te huur om julle en jul bagasie mee te kan hanteer.

Haai ek moet klaar maak, wil nog gou fotos aflaai en kyk of ek dalk een kan aanheg vir julle. Laat dit goed gaan met julle en stuur liefde en groete aan al die bekendes.

Gideon ,Johan en Karin vind virons uit of die april groep die saterdag 12 april in plaas van die Donderdag 17 april kan vlieg sodat ons die sondag die kerk in Bangkok kan besoek. Onskursus begin 28 april dan sal dit reg uitwerk dat ons die groep veilig terug in Bangkok kan bring en weer terug na Kho Samui toe vir ons kurus . Die groep sal 26 april weer terug vlieg na sa en is dan 2 weke verlof vir die mense. Laat weet ons so gou as moontlik hoeveel mense belangstel vir die april groep dat ek kan begin met die kry van kwotasies. Ons moet die getal bevestig sodat ons treinkaartjies kan kry voor ons uitvlieg.

Mis ons pelle en familie so gewoond aan almal naby of redelik naby, mens kry waardering vir die dinge wat jy as vanselfsprekend aanvaar in SA so ook jou kinders ouers vriende en familie.
Mis julle almal baie en verlang, maar genadig gee God ons ook krag vir hierdie groot opdrag..

Stofstorm groete
Cobus en Deirdre
Khoo en Dee

Kho Samui

HELLO VRIENDEONS SUKKEL NOG STEEDS MET EPOS. COBUS HET ELLE LANGE EPOS GEPOS NET OM AGTER TE KOM HY IS WEG. GAAN GUD HIER HET VANDAG WORLD MISSION GEKRY, HOOP OM MORE MET PASTOOR TE PRAAT. ONS KAMER IS BAIE KLEIN TASSE IN IS IS PLIK VOL. AAKLIGE BED SOOS TAFEL HARD. KOUE STORT IS NIE TE BAD NIE. LEKKER GELAG ONS KOOP BOKSIE MELK VIR KOFFIE NET OM UIT TE VIND DIT IS DRINKING YOGURT EK SPOEG TOE SOMMER.ONS HET UITGEVIND FRIED RICE IS BAIE BEKOSTIGBAAR EN VULLEND SOOS DONAR IN TURKYE, SAL SEKER STAPEL VOEDSEL WORD VIR GEBEDSGROEPE. SIEN BAIE UIT DAARNA OM EERSTE GROEP TE ONTVANG. HIER IS BAIE GEBEDE NODIG LAND IS NOG NIE GROND VOORBEREI NIE.BID MAAR DAT ONS KAN AANHOU LAG VIR HIERDIE GESUKKEL. BAIE DANKIE VIR ELKE GEBED ONS VOEL WERKLIK HOE DIT ONS KRAG GEE,KARIN JY KAN DIE GEBEDSGROEP VRA VIR DIE VOORBEREIDING VAN KHO PHANANG EILAND EN DAT ONS BY DIE REGTE MENSE EN PLEKKE SALUITKOM. GEE OOK ONS DANK AAN ELKEEN. ONS HET NOU 'N THAI CELL KAN SMS NA HOM AANSTUUR VANAF SA IS DIT 0066817105728 00668 IS BLYKBAAR DIE KODE 17105728 NO JUL KAN BEL OP HIERDIE NO.STOFSTORM GROETE UIT THAILAND.KHOO (big hill) Cobus Thai naam
DEE (Good) Deirdre Thia naam