Tuesday, February 22, 2011

Chinese Nuwejaar 2011



Ons het ook heerlik gekuier saam met Haan en Doreen van Botswana. Saam kon ons ook die Chinese nuwejaar vier op 3 Februarie 2554, ja geen tik fout nie hulle is in die jaar 2554.

Dit is ook die jaar van die haas, ons was ook bevoorreg om Koos, Lynette en Rinda as metgesele te kon he...

Saam het ons, ons verwonder oor die pragtige liggies en die Chinese gesinne in tradisionele drag geklee.

Dus het ons pas nuwe, nuwejaars voornemens kon maak, want meeste mense sin hou gewoonlik net 'n maand. Ha Ha

Mag U elkeen 'n wonderlike nuwe jaar beleef en onthou geen haaspastei die jaar nie

Valentynsdag Februarie 2011


Ons het 'n ongelooflike "Jesus is Liefde Fees" gevier, dit is ons manier hier om Valentynsdag te fier. Ons het by die kerk 'n Praise en Worship gehou om Jesus se liefde vir ons te vier. Daar het ook 2 mense gereageer op die uitnodiging van Jesus het jou lief... en jy?

Ken en Weeta het hulle harte vir die Here gegee en ons is baie dankbaar vir hierdie twee nuwe christene, bid asb vir hulle.


Valentynsdag 2011