Sunday, August 31, 2008

Blog Nuus August 2008





THAILAND AUGUSTUS 2008

Tyd is soos die natuur, soms waai dit verby jou sonder om te stop en dit voel of jy aan die stert van tyd vasklou om by te bly. Ja, ons is oor die halfpad merk van hierdie jaar se verblyf in Thailand.

Die maand het nie goed vir ons begin nie, ek het siek teruggekom van ons Visarun en kon net nie lekker herstel nie. Twee reekse antibiotika het die nierinfeksie die nek ingeslaan. Maar my nog tam gelaat vir ’n week. Cobus se rug het hierdie maand ook deeglik van hom laat hoor. Mens besef eers hoe kosbaar jou gesondheid is, as jy siek in bed met koors is en dat ons mense eintlik net soos die gras van die veld is, vandag hier en more weg.

Gelukkig het ons tydens hierdie tyd die geleentheid gekry om te lees, ja die boek van Dr Isak Burger “Die eesrte 5 minute na die dood”, het my weereens net laat besef dat eintlik niks, maar niks hier op aarde eintlik van belang is, as dit nie ewigheidswaarde het nie. Dit was ook vir my die realiteit van 5 minute na jou dood sal die gehardste satanis glo dat God bestaan, maar dan is dit te laat vir altyd. Daarom weet ons hoekom ons hier is om God se woord te verkondig en vir die Thai’s te vertel dat God werklik leef en dat HY ONS ENIGSTE REDDING IS.

Ons is ook geseen met wonderlike goed die maand…………
Al die nuwe Christene is nog by die kerk werklik ‘n hoogtepunt . Een van die dae sal ons moet kyk na moontlikhede om die kerk te vergroot. Die sondagskool bars behoorlik uit sy nate met 20 kinders en ja ons klas area is te klein. Wonderlik, prys ons Vader vir hierdie kinders en bid baie spesiaal vir hulle.

Daar het ook hele 8 mans opgedaag by die sondag se erediens, dit is rekord vir die gemeente en ons is baie dankbaar. Werk en bid baie hard aan die wat nog verlore is binne christen gesinne. Cobus vorder ook fluks met sy engelse taallesse en het nou ook die man van die gasstasie wat privaatklasse by ons huis kry. Hy wil dol graag met Cobus praat en leer baie fluks…bid asb vir wonderwerk ook vir hom want hy het `n seer wat nou al 6weke op sy voet is en nie wil genees, dat dit sal genees.



Deirdre het besluit om die groot stap te neem en `n plaaslike eiland haarsny te waag, nadat ek baie tevrede was na my haarsny. R 25 verder het sy haar hare soos sy dit altyd in Pretoria laat sny het, uitgedin soos sy daarvan hou. Ons het ook besluit om ons tuin weer reg te ruk na die kwaai hitte en droogte van die laaste ruk.Ons het meer geharde plante ingesit, speel ook lekker met seesand, korale, skulpe, ens in die tuin.

Ons moes ook `n ander motorfiets koop nadat die een wat ons ry se baas in die komende maand na die eiland terugkeer. Ons was onder die indruk dit is die kerk se motorfiets, maar nou ja, kommunikasie met die Thais bestaan uit `n reeks misverstande. Die Here het net weereens vir ons bewys dat Hy in beheer is, siende ons besig was om geld te spaar vir ons vliegtuigkaartjies vir Feb`09 en dit toe vir die onbeplande aankoop moes gebruik. Ons besef ons moet weet God sal voorsien en ons moet dit nie self doen nie.

Ons sien met `n groot verwagting uit na die gebedsgroep wat oor `n week in Bangkok arriveer. Ons weet al uit ondervinding dat wanneer ons begin bid en die grond (families) vir God begin opeis, Hy wonderwerke laat gebeur. . Die Thaise christene bid voluit vir nog gebedsgroepe, want soos hulle se “God bless us since the missionaries from Africa are here”. So luister asb mooi of God jou nie roep vir `n gebedsreis nie.

Baie dankie aan u al ons vriende dit is werklik u gebede en ondersteuning deur : GEBED, finansies, smsé , emails telefoonoproepe en skype wat ons staande hou. Elkeen van u se betrokkenheid by Thailand sending word opreg waardeer. Die kleinste gebaar gaan nie ongesiens verby nie.

Stofstorm groete en sandduine seen vanaf Thailand
Khoo en Dee
(Cobus en Deirdre van Wyk)

Lee Ruimte Bied Plek

GOEIEMORE GEBEDSREISIGERS

DIT IS MET JUBEL IN MY HART WAT EK JULLE VANOGGEND GROET, ONS HET ONGELOOFLIKE NAWEEK ERVAAR BY DIE KERK HIERDIE WEEK....ONS WIL REGTIG NET VOOR DIE HERE DANS MET 'N LOFLIED VIR AL DIE MENSE WAT HY NA SY HUIS GELEI HET SONDAG.

ONS HET HELE 8 MANS DAARGEHAD EN BOONOP 20 KINDERS REKORD VIR DIE TYD WAT ONS HIER IS.....EN ONS WEET MET JULLE HULP EN GEBEDE GAAN HIER NOG VEEL GROTER GOED VIR DIE HERE GEBEUR OP HIERDIE EILAND. ONS EIS ELKE STUKKIE GROND TERUG VIR ONS HERE EN GOD EN GLO IN TYD SAL HIER NET STOWWERIGE BUDDHA BEELDE WEES WAT BEWYS IS VAN HOE VER HULLE VAN DIE HERE WAS.

NOU, JA JULLE IS BYNA OP PAD EN DIE LAASTE VOORBEREIDING IN SA LE NOG VIR JULLE VOOR, VANDAG DEEL EK HUISWERK UIT ELKEEN VAN JULLE MOET ASB KLAAR IN SA 2 BYBELSTUDIES UITWERK WAT ONS AS GROEP SAAM KAN DOEN, DAN MOET JULLE MAAR BESLUIT IN JULLE GROEP WIE DIT GAAN DOEN EK WIL OOK 2 ENGELSE BYBELSTUDIES VANAF JULLE VOORBEREI HE, DIT MOET VAN SO AARD WEES DAT JY DIT HIER KAN LOS VIR LATERE GEBRUIK.

DIE SKRIF WAT EK VIR JULLE AS GROEP WIL GEE IS BAIE BEKEND AAN ONS ALMAL
EFESIERS4:27
GEE AAN DIE DUIWEL GEEN PLEK NIE

DIKWELS KRY SATAN PLEK N ONS GEDAGTES OMDAT ONS LEE RUIMTES LOS VI HOM. DIE BESTE MANIER OM SATAN TEE TE STAAN IS OM JOU GEDAGTES VOL TE MAAK MET REGTE GEDAGTES. PASOP...VIR PASSIEWE LEWE WANT MENS DINK JY DOEN NIKS VERKEERD NIE OMDAT JY NIKS DOEN NIE. ONS GEE JUIS DIE DUIWEL VATKANS IN ONS LEWE OMDAT ONS NIKS DOEN NIE.
PASSIWITEIT KAN OORKOM WORD, OORWIN DIT IN JOU DENKE EN DAN SAL DADE AUTOMATIES VOLG.

IN HIERDIE LAASTE DAE VOOR JUL VERTREK GLO EK DAT JULLE MOET OPPAS VIR DIE AANSLAE VAN DIE DUIWEL - WAT JULLE GAAN TAKEL. WEES VOORBEREID EN BID EN KRY VERSTERKING UIT GOD SE WOORD VIR ELKE DAG EN WEET JULLE VEG NOU IN DIE VOORSTE LINIE EN DIE DUIWEL HOU NIE DAARVAN NIE. ONTHOU DIE DUIWEL SIDDER AS ONS BID, WANT HY WEET DAT GOD SY KINDERS SE GEBEDE BEANTWOORD .

BID OOK VIR JULLE REIS EN GESINNE WAT AGTERBLY
BID VIR DIE MENSE VAN DIE EILAND
BID VIR COBUS EN DEIRDRE
BID VIR JULLE EIE LAASTE VOORBEREIDING
BID VIR HOPE EN VICTORY KERKE
BID VIR CHRISTENE EN HERLEWEWING OP EILAND
DANKIE DAT JULLE SAAM MET ONS BID EN JULLE SAL DIT OOK KOM ERVAAR DAT GOD WERKLIK LUISTER EN ONS GEBEDE BEANTWOORD.

BAIE SEEN EN MAG JULLE HIERDIE WEEK DIE NABYHEID VAN GOD SE VADERHART ERVAAR IN ELKEEN VAN JULLE SE LEWENS.

KAN JULLE ASB SORG DAT DINA OOK HIERDIE EPOS KRY DANKIE.
STOFSTORM GROETE EN SANDDUINE SEEN UIT THAILAND.
KHOO EN DEE

Nuwe Alles





HALLO JULLE

JA DIT VOEL OMTRENT ASOF ONS ALLES NUUT HET NA HIERDIE WEEK. EK(COBUS) HET MAANDAG GAAN HARE SNY EN WAS VERBAAS OOR HOE DIE VROU VERSTAAN HET WAT EK BEDOEL EN OOK UITDUN SKERE HET. DEIRDRE HET OOR DIE VOLGENDE PAAR DAE MOED BYMEKAAR GESKRAAP EN DIE GROOT STAP GENEEM OM HIER PLAASLIK TE LAAT SNY..

AANGEHEG IS DIE FOTO MET ONDER ANDERE HAAR NUWE OF ANDERSGESPROKE OU HAARSTYL.DIE VROU HET HAAR HARE MOOI GESNY NA `N PAAR KEER SE VERDUIDELIK EN EK VIR HAAR (HAARKAPSTER) HAAR UITDUNSKER UIT DIE LAAI GAAN HAAL HET OMDAT SY DIE ANDER EEN TE VEEL WOU GEBRUIK. DIE RESULTAAT WAS DAT DEIRDRE HEEL TEVREDE WAS EN SY HAAR OU STYL TERUG HET.

DIT IS BAIE DROOG OP DIE EILAND (IN ONS DEEL) EN DIE TUIN KRY MAAR SWAAR. ONS HET IN DIE WEEK DIE TUIN GEDEELTELIK OPGEGRADEER NA PLANTE WAT ONS SIEN HIER AKKOMMODEER. SO OOK `N "NUWE" TUIN.

DIE LAASTE RUK PLA DIT MY WANT EK BLY WONDER OOR ONS MOTORFIETS SE LISENSIE. AS EK MET vISAL DAAROOR PRAAT DAN IS DIT "NO PROBLEM" . DONDERDAG BESLUIT EK EK WIL DIE LISENSIE HERNU EN VRA VIR HOM DIE PAPIERE NET OM UIT TE VIND DAT DIT TINA, `N VROU WAT VOLGENDE MAAND TERUGKOM VAN DENEMARK AF, SE MOTORFIETS IS. SY HET HOM BY VISAL GELOS VIR SY GEBRUIK, SEKER MAAR GOEIE MANIERE, EN HY HET BESLUIT ONS KAN DIT GEBRUIK. ONS DOG DIT IS DIE KERK S`N.

SO ONS MOES VINNIG SOEK VIR `N BETROUBARE DOG GOEDKOOP MOTORFIETS. HET `N KEUSE VAN 3 GEHAD EN ONS ÌS NOU EIENAARS (PAPIERE OP VISAL SE NAAM) VAN `N MOTORFIETS. SO `N GROENE, 125CC HONDA DREAM SCOOTER.

DIT IS ONS NUUS VIR DIE WEEK, BEHALWE DAT DEIRDRE BUITE BESIG IS OM REG TE MAAK VIR ETE MET VISAL HULLE.

LIEFDE

DIE EILANDBEWONERS

Monday, August 11, 2008

Mothersday in Thailand






MOTHERSDAY IN THAILAND

Mothers day in Thailand take place on the queen`s birthday, which is on 12 August. We had a Mothers day celebration at our church on this Sunday the 10th of August. A special decoration with photos of the queen and special drapings, flowers etc were put in the front of the church 2 weeks before the time. Even the garden of the church was re-do. The ladies of our congregation prepared a special meal for after the church service.

During the service a traditional Thai Instrumental band made music as well as 3 of the children did some dances. We had a special praise and worship with a man playing the guitar. We had prayed for so long for him to return to church after an absence of many years. We visited him at his house in the forest and even lend him a guitar of the church to practice with. He has a special gift with the praise and worship and his wife is our worship leader. It was very special.

There were twenty mothers at the service including two old ladies we also prayed for and visited a few times. Gifts were handed out to the mothers and also to the visitors making music. A lot of tears were flowing during the service.
A total of 54 people attended the service.

Traditional Thai Wedding





TRADITIONAL THAI WEDDING

A lady in our church came to our home with this wedding invitation asking us if we please will attend the wedding of her brother the coming Friday. We accept it and told her that we will take a few pictures of the wedding for the couple as we are use to do this in our country.

We started the Thursday as part of being the group attending the practice session. We realized that this was a huge wedding as they were preparing for one thousand guests. The next morning at six we took the photos of the venue and all the flowers. At seven we was at the bridegroom mother`s house to have coffee and take the necessary photo of the starting of the traditional Thai wedding. Everyone on his side of the family was gathering there. His bride was also in the house getting dressed, etc before him, not as in our culture.

From there, after a lot of crackers were set alight with a large BANG to announce that a wedding is going to take place. Everyone were standing in a long row in the mainstreet with their presents before getting into their cars to drive to the bride mother`s house where the ceremony would take place. We attended the ceremony which was totally different from what we are use to and was done in a Thai way. A lot of gifts were given by the groom and his parents to the bride and her parents.

From there we went to the school`s hall to have a Christian wedding ceremony. It was more or less what we are use to but with a lot extra Thai traditional things. The bridegroom and some of his family are Christians.

The afternoon at four we attended the wedding function where may be even more than one thousand people showed up and had a meal before leaving straight away. At about 5:30pm the couple moved into the hall with a big show and a new ceremony took place. At about 9pm we left with more than 1000 photos to be sorted and prepared for them before they were leaving the island on Sunday morning at six. When we handed the DVD to them on Saturday night we ate together and were invited to attend a similar wedding the next weekend at Surat Thani (3 hours away by boat). They are going to be re-married at his family`s place the next weekend.

We were handled like VIPs all the time and even being driven around by the bride and groom in the wedding car to get our motorbike where we had left it. It was a wedding that we will never forget.





THAILAND JULIE 2008

Wonderwerke is iets wat alle Christene van weet , maar ons ervaar dit mos nie meer in ons lewens nie. Dit is stories wat ons lees in die Bybel en daardie tyd het hierdie dinge gebeur, maar nou…..

Hier in Thailand het die Here my soveel goed kom leer, dat ek baie kere verstom staan en besef ek was so besig dat ek God se hand nie meer so duidelik in my en ander se lewens kon sien nie. Het dit waarmee ons, ons so besig hou nog ewigheidswaarde??? Waarop fokus ons en laat ons wonderwerke gebeur sonder om ons Hemelse Vader daarvoor te dank en te loof, dit gaan soos die besige verkeer net by ons verby.

Ons is by die halfpad merk van hierdie jaar se verblyf in Thailand en soms voel dit lank en soms kort. Maar kom ons deel ‘n paar van ons ervaringe en wonderwerke met julle as ons gebedsvennote. Ek (D) is ‘n mens wat my lewe volgens ‘n plan wil laat werk, maar ek het ook geleer dat my planne nie God se planne vir my lewe is nie, Soms bid ons mos net dat God die stempel moet gee op ons eie mensgemaakte planne dat dit moet uitwerk. Dan is ons gewoonlik baie diep teleurgestel as dinge nie reg werk nie, hoe kon God dit toelaat….. en dan was dit altyd my swak insig en nie God se onbetrokkenheid in my lewe nie. Hy gee ook vir ons dit wat ons vra in gebed en ek het geleer bid versigtig…..pasop wat jy vra…jy kry dit dalk….kan jy dit hanteer….of gaan jy dan vir God blameer. Ons het geleer dat ons die nodige middele tot ons lewe kry, presies soos ons nodig het en dan is God so getrou dat Hy ons ook na ons begeertes kyk en ook daarin voorsien.

Junie se groep het al gevlieg en al hul fondse was nie in nie. Die Here het persone wat gehoorsaam aan God is die nodige fondse vir hulle laat inbetaal en ook iets vir bederf. Hulle het wonderlike werk hier op die eiland kom doen. Ons was verheug dat hul die werk kon doen waarvoor die Here hulle elkeen by die naam geroep het.

“Waun”, die man wat gasstasie besit, het sy hart vir die HERE gegee, maar totaal terug geval in buddisme, Hy het lewersklerose en het geglo dat as hy sy hart vir die HERE gee hy ‘n kits oplossing gaan kry. Ons groep het hom gaan besoek, hy was in die hospital en toe besoek ons sy vrou en bid op die terrein waar sy huis en besigheid gelee is dat die Here die bose magte op die grond en oor hulle sal breek. Sy vrou vra of ons more weer sal kom, so gemaak en Cobus en ek gesels en die meisies bid en neem ook hulle olie saam en verdryf die duiwel deur die terrein te salf. Sondagmore is `n geharwar by die krerk en ek is stom van verbasing, hier is Waun by die kerk kaalvoet en nie werklik aangetrek vir kerk. Ons gesels met hom, hy het net gou Tongsala toe gery om geld te trek en hy se hy weet nie wat het gebeur nie, maar toe hy weer sien toe staan hy in die kerk.
2.
Die meisies het weer begin bid sonder dat hy dit weet en dat die HERE hom moet aanraak. Ek en Cobus het die voorreg om die erediens by te woon terwyl die meisies sondagskool hanteer. Ons bid dat hy sal hoor wat gepreek word, die ds preek oor dat ons nie ander gode mag najaag nie, ons bid. Hy gesels met ons en vra ons moet hom besoek, so gese so gedaan. Ons bid weer by sy huis se gronde en smeek die Vader om hom nie oor te laat aan die bosemagte nie en hom en sy gesin te beskerm teen die duiwel. Hy besoek weer die kerk en gee te kenne dat hy meer van die Here wil leer. Hy is heeltemal Thai en ons kan net `n bietjie thai praat en verstaan maar God gee gebare taal en liefde as kommunikasie-middel. Bid asb vir hom en sy vrou en seuntjie, hy en sy seuntjie is al terug by die kerk maar sy vrou kom nog nie. Ons glo dat sy sal kom. Ons juig oor hierdie man en is bly in die Here dat hy Hom ook aan hom geopenbaar het as God van liefde.

Ons besoek Bom (meisie wat christen is) maar haar familie glo nog nie. Ons bid ook stil in die huis terwyl party praat bid die ander en ons groet om te loop, maar Cobus voel hier moet nog iets gebeur….. hy weet net nie wat nie. Toe ons die deur bereik vra die man skielik of sal ons asb vir hulle bid. Ons bid en die ma begin huil en vra kom asb weer om vir ons te bid, ons glo dat die HERE besig is om hulle voor te berei en dat hulle ook hulle harte vir die HERE sal gee. Bom, haar vriend en haar pa het ook saam die PRAISE EN WORSHIP bygewoon. Bom en haar vriend het intussen al die eredienste bygewoon. Bid asb vir Bom, haar vriend, haar pa Sun, haar ma Arree en siek ouma wat by hul woon.

Tydens die PRAISE AND WORSHIP daag daar `n man op `n trapfiets op, so 50 jaar oud. Ons begin met hom praat en besef dat hy nie `n Christen is nie maar gestop het toe hy die liggies sien en musiek hoor. Gou besef ons dat hy baie alleen is siende hy van `n stad na die eiland gekom het omdat hy kom werk soek het. Hy is `n opgeleide haarkapper maar daar is reeds te veel en te min kliente. Soos hy se hy het nie eers `n naam op die eiland nie. Hy verkoop boeke op die pier vir `n inkomste. Hy bly vir die Worship en kuier daarna. Woon selfs die Engelse Praise and Worship die Sondagaand by. Ons konsentreer om hom met vrienskap te voed en bid vir hom. Hy het nou begin om Sondageredienste by te woon. Bid asb vir Munik.

Tydens die PRAISE AND WORSHIP ry `n motorfiets met jongmanne op verby die kerk. Ek en Nolu was in die straat besig om te bid vir seen op die verrigtinge. Ons skreeu toe vir hulle om in te kom. Hul stop toe `n ver ent van die kerk af en een van hulle kom toe nader. Ek loop toe en gaan haal die ander een en trek hom aan sy hand die kerk in. Na `n rukkie probeer hul by die agterkant uitglip maar van die ander manne blok stil stil hul uitgang. Hul bly vir die hele tyd en kuier selfs aan die einde. Ons kry

3.
kans om vir hul te vertel van God terwyl ander bid. Hul belowe om weer te kom. Bid asb vir die twee jongmanne.

Ons besoek Laxmi gereeld en sy gee wonderlike getuienes dat die duiwel werklik bestaan, sy het `n Buddabeeld in haar huis gehad nadat sy bekeer is. Haar mure het gerammel as sy en haar dogter wil slaap in die aand moes hul soms uit die huis uit vlug. Sy kon dit glad nie verstaan nie. Op dag besef sy dit is die Buddabeeld en sy gooi hom in sak en bere hom onder haar wasbak. Die gerammel was stil, maar soos sy se daar was nog nie totale vrede en harmonie in haar huis nie, Toe kom se iemand vir haar kap hom stukkend en gaan gooi hom in die see, sodat hy nie in iemand anders se hande beland nie. Die vrede is herstel in haar huis en sy en haar dogter leef absoluut uit die Vader se hand. Sy se dat Budda ‘n dooie god is wat jy moet afstof en hy kan jou nie hoor nie, jy mors net jou tyd. Bid asb vir Luxmi en haar dogter Jane.

Op ‘n oggend het ons baie goeie voornemens om ‘n ‘n paar gesinne te besoek, niks werk egter uit nie. Mense is nie tuis nie en ons tolk vir die dag kan ook nie saam gaan nie. Ons stop by 3 ou tannies wat ons al vorige kere besoek het en besluit om maar daar hello te se. Besigheid is sleg op die eiland en hulle sien ons toe as kliente en bring dadelik die menu, ons besef dit sal ongeskik wees om te gaan en bestel springrolls om te deel. Ons eet en toe ons wil gaan se hulle nee sit hulle is besig met ryspoeding wat hulle in piesangblare bak, ons moet wag. Ons is verveeld en begin thai liedjie(The steadfast love of God), wat niemand eintlik goed ken nie, te sing. Die een ou tannie bars in trane uit en begin dadelik haar lewe vir ons vertel, dat die HERE selfs gebroke thai liedjie kan gebruik om mense te bereik dit besef ons, HY is groter as woorde. Sy beloof om kerk toe te kom en terwyl ons weg was vir ons visa-run het sy kerk toe gekom en gese ‘”I keep my promise’’. Ons weet dat dit die begin is van ‘n pad wat die HERE wil he ons met haar moet stap. Bid asb vir haar.

Tydens ons visa-run val ek een oggend in ons kamer, ek besef ek het moeilikheid want my rug is glad nie lekker nie. Ons stap, maar later moet Cobus my handsak dra so seer is my rug… ons gaan sit in ‘’n gebou op ‘n bank ek bid HERE ONS KAN NIE ALTWEE MET ONS RUG SUKKEL NIE, MAAK ASB MY RUG GESOND EK PLEIT BY U, DANKIE AMEN. Ons staan op en ek voel my rug voel beter en toe ek by die trappe kom besef ek dat ek daar aangeraak is deur die HERE en my rug is reg.. tot vandag geen pyn. Ek wil vra dat julle saam met my die HERE LOOF EN PRYS want dit is absolute genade en ‘n wonderwerk dat ek in ‘n oogwink gesond is.

Met ons terugkeer van Bangkok na die eiland, `n lang rit van meer as 19 uur, is ons verras om te sien dat die gemeente tydens ons afwesigheid `n pragtige tuin met `n grasperk en `n witklippiespaadjie voor die kerk
4.
aangele het. Dit klink dalk stupid om opgewonde te raak oor so iets, maar dit is wonderlik dat hul weer self verantwoordelikheid vir die huis van die Here neem en dit mooi wil maak. Dit dui ook vir ons op `n verwagting by hulle van `n toekoms vir die kerk en iets om op trots te wees. Hul het ook `n gesamentlike moedersdag erediens met die Victorykerk gereel op 10 September. Iets waarvoor ons lank gebid het en ons kan toeskryf aan verhoring van gebede en die gesamentlike PRAISE AND WORSHIP wat gehou was. Uiteindelik sien hul mekaar nie as `n bedreiging om mekaar se lidmate te steel nie. Bid asb vir die groei van verhoudinge tussen die twee gemeentes.

Ons besef net al hoe meer die belangrikheid van gebedsgroepe se taak hier met ons bediening. Dit is so belangrik om liefde te kom uitdeel, al is dit net deur `n drukkie te gee terwyl die res van die groep bid. Die wonderwerke wat ons so ervaar is `n direkte uitvloeisel van verhoring van gebede waar ons as `n groep ons tot God en Sy genade beroep het. Wanneer `n mens hier is weet en ervaar jy waarom God jou vir die taak geroep het en dat God jou nie net roep nie, Hy voorsien ook in jou behoeftes vir die taak. Hy hoor en verhoor ook jou gebede en jy ervaar God se liefde en teenwoordigheid soos `n seebries oor jou vel.

Bid en dank asb God vir die vyf Christene wat God vir die September gebedsreis geroep het en waar daar reeds twee lede is wat genoegsame finansiele beloftes het om die reis te kan meemaak. Bid asb dat daar mense sal wees wat gehoorsaam sal wees aan God se roepstem om in die ander lede se behoeftes te voorsien. Paty mense het die middele maar kan nie self die reis meemaak nie. Miskien is dit u wat volgende geroep word om die werk te kom doen en dan met die borglys voor iemand moet gaan staan. Bid asb ook vir hul geestelike en fiesiese voorbereiding vir die taak.

Dankie vir al u gebede en ondersteuning met ons bediening.

Prague ooi phom (Mag God u seen)

Khoo en Dee (Cobus en Deirdre)