Friday, September 26, 2008

September 2008






SEPTEMBER 2008 :THAILAND SENDING

GOEIEDAG VRIENDE
September is die mooiste mooiste maand soos ons dit ken en ons het dit ook hier op die eiland beleef as die maand van wonderwerke en werklike groei van die Christene op die eiland. Ons het egter ook die spanning van opstande teen `n korrupte regering tot met massas van tot 100 000 mense per dag beleef. Dit het die meeste vorme van transport tot stilstand gebring en ons moes 2 dae voor die groep arriveer ons manier van vervoer van trein na bus verander.

Na maande se beplanning het die September gebedsgroep op die eiland ge-arriveer. In gietende reen het ons die Victory en Hope gemeentes besoek, sommige van ons agter op die bakkie in reenjasse. Maar die seen om werklik saam met hulle te kan “praise en worship” was meer seen as die reen. Die groep het ook hulle eerste “spicy” kos gekry, dit beteken baie warm en brand tot anderkant uit.

Ons besoek Oat, Salee en hul seuntjie Ming en bid vir die grond waarop hulle bly, dat die Here dit sal terugeis WANT DAAR WOON BAIE Budhiste en daar is baie beelde en “spirit houses”. Oat vra dat ons vir siek familielid(`n christen) wat op die grond woon, gaan bid. Ons vind die man waar hy toegegooi op `n Thaise houthuis se stoep le. Hy kan hom skaars roer. Terwyl ons bid salf Cobus die man en roep God se beloftes van verhoring van gebede en genesing in Sy naam op. Die volgende dag kry ons die boodskap dat hy heeltemal gesond en op die been is na `n lang siekbed. Prys die HERE vir hierdie genesing.

Besoek Sam Soek, `n vrou wie se man Nam `n sterk buddist is en bid vir haar. Sy bless ons met `n ontbyt, ons glo dat haar man eersdaags tot bekering sal kom so bid asb vir hom. Ons bid ook dat haar oord vol
sal wees die naweek siende daar nie besprekings is nie en ja waarlik twee dae later is die oord vol behalwe vir een kamer. PRYS DIE HERE OOK VIR HIERDIE gebedsverhoring wat ook getuienis aan die buddiste is dat ons tot die enigste ware God bid en Hy leef.

Tuinwerk en opgradering by Victory gemeente is iets waarvoor Cobus en ek al lankal bid en wonder hoe ons die ingang na die Victory kerk kan verbeter. Die groep help en ons omtower die ingang in iets pragtig, maar ook uit hierdie aksie help Soerien die man van die kwekery wat `n Christen is en sy vrou en dogter wat nie is nie, ons met afslag en gee ook plante present vir Victory. Later ontvang die span almal saad wat hulle tuis kan gaan plant en hopelik net so welig sal groei soos die geloof van die mense op die eiland.

Ons gaan bid by ander Christene en op pad huistoe besluit ons om te stop by Laxmi se huis. Sy en Majorie se hul wag vir ons en se hulle het geweet ons kom om saam met hulle te bid. Ons verbasing was baie groot want ons het dit glad nie beplan nie. Ons bid vir God se seen op Luxmi en Geo se naderende beplande huwelikbevestiging.

Ons gaan tel ons T-shirts op by Bee en sy se dat die HERE vir haar gese het dat sy ons wasgoed verniet moet doen. Sy het die bedrag wat ons haar moet betaal met ‘n permanente marker op die plastieksak geskryf en toe sy weer kyk het dit net verdwyn. Dankie dat die HERE ook met nuwe Christene praat. Bid asb vir BEE sodat sy swanger word en sy en haar man Chom Chi hulle sal laat doop.Ons ervaar dat die duiwel hul permanent aanval en probeer verhoed dat hul gedoop word.

Die groep word ge-“bless” met baie etes en sommige aande moet ons 2 maal eet want hulle verstaan net nie dat ons klaar geeet het nie. Die groep is ook deel van die 4 jaar verjaarsdag vieringe van die Hope gemeente se nuwe kerkgebou (wat een van die dae te klein gaan wees). Ons word ge- “bless” met die plaaslike pastoor van Hope op die eiland Kho Samui wat alles vir ons vertaal. Vir die eerste keer vandat ons hier is kan ons ook `n erediens se boodskap volg. Daardie oggend gee twee gaste spontaan hul harte vir God en le Budhisme af. Sederdien woon hul die eredienste by. Bid asb vir Jing en haar seun Naa om nie terug te val nie.

Die politieke situasie in Suid Afrika verswak die Rand se wisselkoers drasties en ons ervaar dit waar jy staatmaak op `n sterk Rand. God is egter so getrou en voorsien in ons daaglikse behoeftes asook in dinge waarvoor ons geroepe voel om te help. Dankie vir elke persoon vir jul gebede, smsé , emails en finansiele ondesteuning op welke wyse ookal. Dankie ook vir die persone wat ons help betaal het aan ons nuwe ryding “sweet sixteen” ons motorfiets se naam, dankie dit maak ons werk net makliker. Ons het ook weer 30 dae visa stempel gekry en moet ons laaste stempel in Oktober kry bid asb solank daarvoor.

Psalm 40 : 6
Die Here my God, U het baie wonders gedoen. U planne vir ons kan met niks vergelyk word nie. As ek van al U wonderdade wil vertel, is dit te veel om te doen.

Dit was maand van wonders en ons staan verstom oor God se kragtige werking op die eiland. BID ASB SAAM MET ONS VIR DIE GEBEDSGROEPE VAN 2009, EN INDIEN GOD JOU ROEP, KOM HELP ONS ASB DIE OES IS GROOT DIE ARBEIDERS MIN.

Stofstorm groete en sandduine seen uit Thailand
Khoo en Dee