Friday, October 10, 2008

DOOP VAN NUWE CHRISTENE


DOOP VAN NUWE CHRISTENE

Dit was wonderlike ervaring om die doop van 11 nuwe lidmate
Van die Hope of Kho Phangan gemeente te beleef, Hulle doen
Nog onderdompeling en die gemeente vergesel die dopelinge na
‘n strand waar die doop plaasvind. Die gemeente staan ook in die
water en sing terwyl die doop plaasvind. Dit was regtig vir
ons ‘n hoogtepunt om 11 van die nuwe bekeerlinge se doop
saam met hulle te kon beleef.

Baie dankie vir u bydrae tot Thailand sending sonder u gebede
En die besoekende gebedsreisigers sou hierdie doop nooit
Plaas gevind het nie. Alle Eer aan ons Hemelse Vader wat
Gebede beantwoord en in die harte van mense kom werk het

Bid asb saam met ons vir die groepe van 2009 en ons glo dat
Daar nog meer mense en grondgebied in Thailand vir die
Hemelse Vader opgeeis sal word

Sandduine seen uit Thailand
Khoo en Dee.

Jongmens Gebedsreis

Goeiedag vriende

Ons is baie opgewonde oor die uitreik wat ons spesiaal vir die jongmense reel in 2009. Dit glo en vertrou ons sal soos hierdie jaar se Junie uitreik groot veranderinge bring in die harte van die mense op die eiland Kho Phangan.

Die beplande gebedsreis vind vanaf 1-18 Julie 2009 plaas.
Die datums kan dalk een dag weerskante toe skuif maar ons gaan probeer om by hierdie datums te hou.

Ons wil gedurende hierdie uitreik grooooot Praise en Worship doen op die eiland en werklik die hele eiland uitnooi om deel daarvan te word asook omliggende eilande en die mainland se mense.

Dus as die HERE JOU ROEP kom help ons om sukses van hierdie geleentheid te maak, ons gaan ook vir die kinders van die eiland werkswinkels met allerhande heerlike jongmens dinge aanbied, waarvoor ons julle talente en energie nodig het.

Koste van die uitreik gaan R15 000 beloop, maar onthou dit is nie jou geld nie, dit is die HERE se geld wat julle net moet gaan haal om deel te wees van hierdie uitreik. Borgvorms is beskikbaar kontak ons sodat ons die nodige vorms vir jou kan aanstuur sodat jy kan begin om mense te nader vir borgskappe.

Opleiding sal verskaf word om jou te help met die voorbereiding van hierdie reis.

VERTEL ASB VIR JOU VRIENDE EN JONGMENSE WAT JY DINK BELANG SAL STEL !!!!! SOVEEL JONGMENSE AS MOONTLIK VIR HIERDIE UITREIK IS NODIG.

ONS HOOP OM SPOEDIG VAN JOU TE HOOR.

Sandduine seen en liefde uit Thailand
KHOO EN DEE
Cobus en Deirdre