Monday, February 20, 2012

Erica kry Ferari saling

Dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het dat Erica haar Ferari saling kon ontvang.

Chaloklum Kinders

Ons is bevoorreg om hierdie kinders op Donderdag aand te bedien. Bid asb saam met ons ook vir hulle ouers dat hulle ook net soos hulle kinders die voorreg van Jesus sal beleef in hul lewens.





Abudunt Blessing Chruch



Abundant Blessing Kerk

Wat 'n groot voorreg om saam die nuwe kerk te kon inwy op 18 Februarie 2012
'n span van Kanada het kom help bou aan die pragtige kerk en die bouprojek befonds.
Groot dankbaarheid oor hierdie nuwe kerk op die eiland.

Dream Team



Dream Team



Die oes is groot en die arbeiders is min, maar ons Dank ons Hemelse Vader vir almal



wat tuis gekom het in die gesin van ons Hemelse Vader, gesinne het saam voor ons Vader gekniel en hul harte vir Hom gegee. Bid asb saam vir hierdie nuwe Christene.

Dream Team

Droom word waar en gebede word beantwoord..4 jaar se gebede vir openbare
Praise en Worship deur Dream Team op ons peir op die kleine eiland Koh Phangan het waar geword en ons dank en loof ons Hemelse Vader daarvoor.

Tuesday, February 7, 2012

Kinderdag Koh Phangan







Ons het insamewerking van die regering en

ander betrokkens 'n kinderdag op die eiland

gehad , waar ons ballone en geestelike lektuur

aan die kinders kon oorhandig. Met trots kan ons

ook se dat vele van die christen kinders beurse

ontvang het vir hul prestasies in die skool.

Ons geluk wense aan al ons kinders wat

so mooi presteer.


Sandduine Seen

Cobus en Deirdre





Heerlike Reen





















Ons is terug en ja ons het heerlike reen ontvang hier
op die eiland 200mm in eendag en toe was alles onder
water.

Gaan goed met ons caregroup in Chaloklum.
Sit vir jul foto's van die jongste gebeure.

Sandduine Seen
Cobus en Deirdre


Thursday, February 2, 2012

Verjaardag in Thailand

Verjaardag vier in Thailand is heeltemal anders as in SA, het die vriende en
familie gemis, maar dit was nogtans baie spesiale verjaadag.

Ek was bevoorreg om verjaardag hier te kon vier saam met Thai's wat ook
in Januarie verjaar. Ons het heerlike gebedsaand gehad en baie lekker
saam gekuier om pot ryssop en ja regte klein nie koek .
Met kersies en al. Voorreg om saam met die Thai christene my verjaardag
te kon vier.

Erica het ook verjaar en die Farangcare het ons bederf met verjaardagpartytjie.
Ons het regte aarbei roomkoek en snacks geniet en ja ek het wonderlike
geskenke ontvang.

Cobus het my ook bederf met kaaskoek vir ontbyt , ons was op die trein die
oggend oppad terug vanaf Bangkok, ons het die voorreg gehad om Joyce Meyer
te kon gaan kyk..Nog 'n droom wat waar geword het, Dankie Jesus ook vir
hierdie bederf, die Thai's het ons geborg vir die konferensie van Joyce Meyer.
Heerlike seen van hulle af.

Sandduine Seen
Cobus en Deirdre