Thursday, February 26, 2009

News





Valetynsparty at the Hope Chruch on Sunday 15 February 2009 .
We don't know what to expect, it take the form of a Praise and Worship and 72 people attend it. Victory Church and Hope work together on this project and it was the first time they do something totaly on their own together. Praise The Lord!

We sing and pray together and a pastor from Donsak give a short message, then we all eat together and it was really nice way of celebrating Valentyns day.

The LORD GIVE EACH ONE OF US A VALENTINE CARD WITH OUR NAME ON IT.....HE INVITE EACH ONE OF US TO LOVE HIM BECAUSE HE ALREADY LOVE US.
WE JUST HAVE TO ACCEPT HIS LOVE.. SO DID YOU ANSWER YOUR CARD ?? DONT WAIT LIFE IS SHORT

Sunday, February 8, 2009

January 2009




Goeiedag Vriende van Thailand

Ons is weer terug op die eiland, na ‘n heerlike bederftyd in Suid-Afrika. Ons wil net vir almal wat ons so oorweldig het met hulle liefde en kosse ( die resultaat is op ons heupe) dit was werklik vir ons voorreg om by julle te kon kuier.

Die voorreg van mens se eie mense besef jy eers as jy dit vir lang tyd nie gehad het nie. Mens se taal is baie meer kosbaar as wat mens ooit sal besef en water uit ‘n kraan wat jy mag drink en sing in jou kerk en die hele diens te kan verstaan.

Eers vertel van ons wonderwerk: Ons vliegtuigkaartjies is die eending waarvoor ons nie geld het nie, dus as ons nie met die Here se geld kom nie, dan kan ons nie kom nie.
Ja, prys die Here saam met ons soos altyd het HY die geld voorsien vir ons vlugte. Een week voor ons vertrek verneem ons dat die gratis vervoer aan Thai’s chaos veroorsaak in openbare vervoer. Ek begin bid dat die HERE ASB moet voorsien sodat ons kan vlieg van Bangkok na Koh Samui, maar ons bagasie is groot probleem op binnelandse vlugte Cobus s`n weeg 42kg en myne 38kg. Cobus stress homself eers maar ek verseker hom as die Here voorsien sal die bagasie nie ‘n probleem wees nie. Voor ons vertrek 3 dae het die Here ook hierdie geld verskaf, en ons kan spesiale aanbieding kry op Bangkok Airways na Koh Samui en raai wat ons het net vir 2kg betaal ongeveer R30.00. Prys die Here vir hierdie spesiale bederf saam met ons.

Die jaar le nuut en vars voor ons en die Thai’s was baie opgewonde om ons terug te ontvang op die eiland. Ons het baie gebid en die boodskap was duidelik dat ons die Christene baie meer sigbaar moet maak op die eiland.
Ons wil graag ook dat die Christene begin uitleef na buite en ‘n verskil maak in hul omgewing. Daarom dink ons dat ‘n projek waar ons as Christene die pier waar die bote aankom gaan skoonmaak in t-shirts met ‘n kruis op, maar dit is net hier waar ons besef om t-shirts spesiaal te laat druk kos R60.00 stuk. Die minimum bestelling is minstens 100. Bid asseblief saam met ons vir hierdie projek, totdat iemand na vore tree om hierdie projek te borg. Tans besig om te kyk of ons enige ander mense kan kry vir ‘n goedkoper kwotasie.

Net bietjie nuus van die mense. Success en Majorie se nuwe winkel is oop en hulle se dat dit goed gaan, hulle bly ook nou op die perseel. Gaan goed met Ron se besigheid en Pan is ook besig met haar normale masseur en bouwerk. Laxmi het ook nou ‘n laundry begin en dit lyk of sy Geo se slegte ervaring heeltemal verwerk het. Gaan ook goed met Yen.
Oar se arm is nog nie herstel nie en sy op die oomblik in Bangkok vir fisioterapie. Ook nuwe afdakkie by kerk gebou sodat ons die kinders kan skei en die groot groep apart van die kleines hanteer. Wonderlik Erika die meisie van UK het regtig die sondagskool aan die gang gehou terwyl ons weg was.

Victory kerk is uitgeverf binne en lanolien tapyt op die vloere gegooi, want Pali is so 2 weke gelede getroud met ‘n man van Koh Samui. Sy nog op die eiland en vra dat julle asseblief saam met haar sal bid. Weet nie of sy ook nou moet verskuif na Koh Samui. Sal groot verlies wees vir Vitory. Doughnut se ma is uit die tronk en sy het die dogtertjie nou kom haal om by haar te bly, bid asb vir haar bekering. Ai, Prajoul het sy een voortand verloor en ja hy is baie verlee daaroor en praat nou met sy hand voor mond. Hy het nie medies nie en werk ook verniet vir die Here, as daar dalk iemand is wat ‘n bydrae wil maak vir daardie voortand se herstel kan hulle net in Barnabas Sending in betaling maak met verwysing Victory.

Ons is besig om ons voete weer te vind en begin more met engelse klasse en al die ander klasse sal seker volgende week in aanvang neem.

Bid ook asseblief saam met ons vir die Christene van Thailand nie altyd maklik om staande te bly nie. Bid asb vir ons gesondheid en dat ons deurentyd wysheid en insig sal ontvang om die woord aan die Thai’s te bedien. Bid ook asb vir die gebedsreisgroepe vir hul fondse. Ons vertrou die Here ook vir hierdie fondse en weet dat Hy getrou is as ons eers bereid is om vir Hom te kom werk.
Daar is ook datums wat u kan onthou die gebedsreise na Thailand vir 2009.

27 Mei tot 12 Junie 2009 - EGPARE
1-18 JULIE - JONGMENSE VIR PRAISE EN WORSHIP
Volwassenes vir Logistiek
2-18 September – Gemengde groep
En enige datum wat u vir ons deurgee sal ons kyk of ons dit kan inwerk.
GEBEDE BLY STEEDS BAIE NODIG IN THAILAND VIR DIE OPEIS VAN DIE GRONDGEBIED VIR JESUS..

HOOP OM SOMMER BAIE VAN JULLE HIERDIE JAAR IN THAILAND TE ONTVANG


Baie dankie vir jul volgehoue ondersteuning en gebede vir Thailand Sending op Koh Phangan.

Sandduine Seen uit Koh Phangan
Khoo en Dee
(Cobus en Deirdre van Wyk)