Hello vriende
Ek stap vrydag middag 6nm van die ferry af en ""this is it"""" ek kon dit nie glo nie, dat ek huistoe kom maar na 'n eiland in 3 weke meer ferry ry as in my hele lewe. Hier stap ek na 'n motorfiets wat ek baie gou geleer het jy laai soos 'bakkie' anders kry jy nie jou goed van punt a na b vervoer nie, ons raak nou regtig goed 3 sakke ek bedoel sakke hulle is hier nie skaam vir sakke nie , 'n rugsak, handsak die klein ennetjie waarmee ek vlieg julle almal ken hom hy
vat 8kg. 'n bos blomme vir die kerk en ons ou tweetjies.
Dat die mense ons aangaap is nie snaaks nie en ons word uit gelag terwyl
ons ry, seker 'n gesig om te sien. Ons dra darem altyd ons helms.
Vanoggend se ek vir Cobus vandag wil ek kwekery toe, julle weeet ek het 'n swak vir kwekerye. voorheen mag ons nie eeers gestop het nie, maar ons is nou wel nie Greenside toe nie, maar na 'n groot kwekery toe redelik groot in hulle terme ek wil gaan skoenlapper blomme koop. Waar hierdie blomme geplant is is altyd skoenlappers. Wat 'n verassing hulle kos R1.50 elk. koop 10 bargain-- net die woord wat ons vrouens kan laat kop verloor ek oortuig Cobus alles is spotgoedkoopEk kry my moedersdagblomme , 3 orgidee en klein varing en een moerse bos
papierrus. 2 SAKKE KUNSMIS 1kg elk, 5 sakke kompos en bougenvilla Ek werk vroue logika -----en dink sommige goed gaan ons by
die kerk plant--- toe sien ek dit is heeltemal te min. Nodeloos om te se hulle moet maar aflewer hierdie keer maak die fiets dit nie. Tuis vra Cobus wat moet hy kerk toe vat ek se nee ek dink nie dis goeie plan nie , ek sal sommer self na hulle kyk.
Ons gaan toe maar saadjies by die kerk saai, ek het ook die sondagdiens
se blomme gaan doen, darem iets waat ek baie geniet. Cobus en ek het
ook die Ds se kantoor onderhande geneem julle wat al hier was, ek gaan moreoggend foto neem
julle sal die plek nie ken nie. Grappie hy ook nie, kan nie sy oe glo nieweet nie of hy bly of vies is nie, maar dit is gedoen en lyk beter. Ek dink hulle dink ons is crazy..... alles moet skoon wees. Relax hoor ons baie en ja dit is ons nog glad nie gewoond nie.
Ek het vrydagaand al 8nm geslaap , nou ja julle weeet dat dit nie my styl is nie ,maar ek het so jammer vir myself gevoel dat ek liewers maar gaan slaap het om net weg te kom van alles.
Vandag gaan dit beter ek dink die kwekery het die ding vir my
gedoen , geen coffee shop by kwekery nie ek sal met hulle moet praat ek mis die saam met julle dinge doen. Sommer by die kinders braai en ontspan, sodat hulle my nuwe goed kan leer.
Koffie drink by die pelle en om in die mall te gaan fliek. POEDING, SLAAI ai ek sal more my kerkkos soet eet. Chillies is wonderlike goed dit kamofleer baie dinge en ek
dink dit ontsmet wat moet voor dat jy dit inkry.
So ek begin nou al van chillies hou, ek is ook die trotste eienaar van 'n ricecooker - met geen instruksies nie hulle neem aan alle mense kan ricecooker werk. ons sal maar skoot in die donder
skiet en hoop vir die beste . Cobus begin ook amptelik stryk hy het sy grand stoomstrykyster
gekry. Geen instuksies nie, maaar ek dink hy weet hoe dit werk.
Ek kry dinsdag Visal en PANANG EN PIM vir ete. potjiekos hoender potjie en rys en slaai SA manier nie fyn gestampte slaai nie.dit is vir my te snaaks gooi alles in spesery maaler en stamp fyn moerse gemors nie vir my nie.
Roomys en vrugteslaai SA manier sal moet poeding wees.
ook vars brood ek gaan probeer hoender potjie maak HAHA HA geen soppoeier dikwit uie beskikbaar nie. Vat een of andersouspoeier weet self nie hoe proe sal maar
saam eet. MENS moet ma leer om thai kos te maak en eet.
More gaan ons bietjie longbeach toe, so teen maandag as meeste van julle hierdie email lees het ons kla gesnorkel. Vanaand vat Cobus my na 'n griekse aand, DANKIE
Andrea, Suzette en Antonie. sal laat weet hoe dit was.
Stofstsorn groete en sandduine liefde
KHOO EN DEE
Monday, May 12, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment