Tuesday, May 6, 2008

Hallo Vriende

Hello Vriende

Ja,tyd vlieg kan nie glo ons is al in ons 3de week hier op die eiland nie.
Ons vriende Elmarie Karin en Monique is reeds weer veilig in SA
ons het 2 ongelooflike verrykende weke met mekaar deurgebring.
Danksy Elmarie se wakker ogies het ons die beste huis gekry, ver
bo ons verwagting in.

Ons was baie bevoorreg om vir beide gemeentes op die eiland
nagmaalstelle te kon bring en ook vir Hope 'n kanselkleed wat
Steffie van die gemeente Pellisier vir ons gemaak het.
Verder het ons ook Bybels, bybelstudie materiaal vir volwassenes
en baie kinder materiaal soos boeke en dvd en cd's wat 'n ton
geweeg het saam gebring. Die pienk sakke was op die einde onhanteerbaar.
Ons was almal baie bly toe ons die sakke kon uitpak ongeveer
40kg se boeke alleen en BANGKOK het ons nog omtrent 10kg
bybels bygekry.

Ons kon elke oggend 6vm bid vir die eiland en sy mense en het
ook die geleentheid gehad om mense tuis te kon besoek en vir
hulle te kon bid. Ons baie opgewonde ons was vandag 'n hele
8 mense wat 6vm gebid het vir die plaaslike mense.

Ons het ook operasie skoonmaak oorleef. Vensters was in gietende
reen het niemand gestuit nie, ons het ook die toilette geskrop en die
vloere en kaste en sommer alles geskrop. Alles baie vol stof .
Visal was regtig verbaas oor die besige bye wat net nie opgehou het nie.
Ons het ook asblikke, houers, tafeldoeke en ander goed aangekoop
om dinge beter te maak. Die kerk spog ook met twee nuwe koppie en
borde kaste en selfs nuwe kantoorkabinet en 15 nuwe stoele.

Dit is of die gemeente nuwe lewe gekry het om aan te gaan en hulle
maak ook sommer nou selfskoon. Ongelukkig werk die mense
ongelooflike lang ure vanaf 630vm tot 10-11nm saans, daar is regtig
nie tyd vir allerhande dinge nie.

Ons huisie het 'n badkamer met westerse toilet en stort, kombuis met
wasbak baie meer as waarvoor ons ooit gehoop het. Die plek is ook
redelik nuut en vlooie het ons nog nie gesien nie, maar vir veiligheid
het ons 2 fumatabs on der die huis gebrand, alle huise staan op pilare oor
die hoeveelheid water op die eiland.
Ons is verder bederf met 'n tv aircon en kas. Werklik JESUS se
witbroodjies. MAAKons bly hier net baie makliker en vir ons moontlik
om redelik hoog op hul status van Thai te kan werk.

Ons verlang na pap en wors en skaapkerrie en lekker beesstert, maar
vir nou sal ons tevrede moet wees met straatkos wat bestaan uit
gebraaide hoender en stickyrice en soms friedrice. Raak al lekker
vir ons.

Vriende ek gaan nou groet baie dankie vir al u bydraes wees verseker
dat tot voordeel van Thaisending gebruik word. Dankie vir elke gebed
sms en oproep dit word werklik baie waardeer, sonder dit kan ons regtig
nie.

stofstorm groete en sandduine liefde
KHOO EN DEE

1 comment:

Anonymous said...

Ai, julle moet maar vasbyt en nuwe resepte leer.
sterkte met die thai dinge.