Die tyd vlieg so snel verby en die kerkkamp vir suidelike Thailand het baie vinniger aangebreek as wat ons kon dink. Dit was weereens ongelooflike ervaring en ons dankbaar om dit saam met ons Thai boeties en sussies kon bywoon. Ons het ook sertifikaat ontvang by hierdie kamp vir ons volgehoue ondersteuning van die Thai kerke en christene. Ons baie dankbaar maar eer en lof aan ons Hemelse Vader wat dit vir ons moontlik maak. Ons was 11 Farangs by die kamp en hulle het vir ons getolk dat die spoeg spat. Weereens was die Praise en Worship wonderlike ervaring saam met meer as 2000 thai christene. Die bakkie het ongelooflik hard gewerk en ja die rekord is nou 21 mense wat van die kamp na die hotel vervoer is. Ons het ook ons deel van Thailand se korrupsie ervaar en boete van 1000 baht gekry vir ons nuwe nommerplate, jy word beboet maak nie saak of daar iets verkeerd is of nie.
Cobus het geleentheid gekry om te kon getuig oor
hoe die Here hom aangeraak het.
So moet bakkie mos lyk as hy gelaai is.....
Sandduine seen
Cobus en Deirdre
No comments:
Post a Comment