JUNIE THAILAND
DIE MAANDE VLIEG ONDER ONS UIT EN DIT VOEL SOOS WOLKIES WAT JY WIL VANG, DIT GLIP DOODEENVOUDIG DEUR JOU VINGERS. JUNIE AMPTELIK WINTER IN SA.
ONS KAN NET SE BAIE LEKKER WAAAARM DAE MET HOE HUMIDITEIT. DIT REEN NIE MEER NIE, SOMS REGTIG NET `N PAAR DRUPPELS.
ONS LEEF VAN DAG NA DAG, EK HET HIER DIE WAARDE VAN EEN DAG OP ‘N SLAG GELEER, MOENIE PROBEER OM MORE TE LEEF NIE, JY HET NET VANDAG. MAAK DIE BESTE VAN HIERDIE DAG. DIE VADER HET MY LETTERLIK UIT MY “COMFORTZONE” GERUK OM TE LEER DAAR IS NIKS EN NIEMAND BEHALWE HY WAT JOU VERGESEL WAAR JY OOK AL GAAN. ONS HET OOK HIER KOM LEER DAT HOE WAARDEVOL MENSE VIR JOU IS. OOK MOET JY NIE DIE TYD WAT JY MET JOU VADER SPANDEER MOET STEEL NIE. OM STIL TE WORD EN TE LUISTER IS EEN VAN DIE DINGE WAT EK HIER IN VERRE THAILAND ERVAAR. EK HET DIE BYBELSTUDIE VAN SONDAG KANT EN KLAAR UITGEWERK EN BESLUIT OM LUKAS TE BEHANDEL MET DIE THAI’S. MAAR DIE HELE WEEK SE DIE HERE VIR MY “DEIRDRE NEE”, EK GAAN NET RUSTIG VOORT. VRYDAG BAIE SELFVOLDAAN MET MYSELF SIT EK EN SONSONDERGANG FOTO’S NEEM. ONS KAN BOEK BEGIN, MET EEN VIR ELKE DAG TERWYL COBUS VISVANG. EK HOOR DUIDELIK JY MOET SONDAG MET DIE MENSE PRAAT OOR HOOP EN HOPELOOS. NEE HERE U VERSTAAN NIE LEKKER NIE, EK IS KLAAR, MAAR DIE STEM IS BAIE DUIDELIK EN EK WEET SATERDAG SAL EK MAAR OOR BEGIN. HIER IS REGTIG BAIE HOPELOOSHEID ONDER DIE THAI’’ S. DIE EKONOMIE KNOEI HULLE NET SOOS IN SA EN DIE TOERISTE RAAK BAIE MIN MET STYGENDE OLIE PRYSE. VERDER WERK BAIE CHRISTENE VIR HUL SELF EN DUS VOEL HULLE DADELIK AS HIER MIN TOERISTE IS. SELFS DIE FULLMOON PARTY IS NIE DEUR SOVEEL MENSE SOOS GEWOONLIK BYGEWOON NIE.
DIE MENSE LEER GRAAG VAN DIE BYBEL EN VRA VRAE WAT SAAK MAAK. DIT GAAN GOED MET DIE SONDAGSKOOL MAAR OP DIE OOMBLIK IS DAAR HEELWAT KINDERS WAT IN SURAT THANIE SKOOL GAAN EN BY FAMILIE OF VRIENDE BLY. WEG VAN HUL HUISE.ONGEVEER 3 URE MET BOOT VAN ONS AF. MAAR ONS GEREELDE KINDERS IS ALMAL DAAR, YEN WAS OOK IN DIE HOSPITAAL, DUS HET ONS ONS EERSTE HOSPITAAL BESOEK GEDOEN. HIER KRY JY NIE KOS AS JY IN DIE HOSPITAAL IS NIE, NEE NET MEDISYNE, KOS MOET JOU FAMILIE VIR JOU BRING.
OUMENSE, KINDERS EN BABA’S LE ALMAL IN EEN SAAL AL 3 VAN HULLE.
DIE TAAL BLY MOEILIK EN HiER IS OOK OP DIE EILAND DIE ISAAM EN SOUTH THAI DIALEKTE EN HULLE PRAAT VERSKILLEND EN MAAK ONS EITNLIK NET DEURMEKAAR -WANT ELKEEN PRAAT SY EIE DIALEK AS JY DINK JY HET DIT , DAN VERANDER DIE DIALEK..
ONS EET NOU EENKEER PER WEEK SAAM MET THAI’S EN HULLE IS NOU NIE JUIS GEK OOR ONS SOORT KOS NIE, MAAR EK MAAK DIT SODAT HULLE KAN PROE HOEKOM IS ONS DAN NIE EINTLIK GEK OOR HULLE KOS NIE. AS JY DIT NIE KAN EET NIE SIT CHILLI SOUS OOR DAN KAN ENIGE DING GAAN. SMAAKLOOS IS BAIE VAN HUL SOUSERIGE KOSSE ..
ONS ENGELSE KLASSE WAT COBUS GEE GROEI NOG STEEDS EN EK HELP DIE STUDENTE WAT NIE IN DIE GROOT KLAS KAN BYHOU NIE, GEDULD WORD BEPROEF.
MAAR TOT DUSVER VAAR EK NIE TE SLEG NIE.
ONS IS BAIE OPGEWONDE DIE GEBEDSGROEP VAN JUNIE KOM DIE 20 JUNIE IN BANGKOK AAN. ONS BEPLAN OM TEMPELS TE GAAN BESOEK EN PRAISE EN WORSHIP TE HOU EN DIE TWEE CHRISTEN GEMEENTES WAT SAAM 60 BELOOP BYMEKAAR TE BRING VIR DIE GELEENTHEID. SAL HUL EERSTE POGING WEES OM IETS SAAM TE DOEN = DUS BID ASB BAIE HARD SAAM MET ONS.
EK VOEL DIE HEELTYD EK MOET TERUG KOM BY DIE VISSERKINDERS, MAAR HULLE BLY MY ONTWYK. UITEINDELIK GAAN STAP EK EN COBUS OP ‘N STRAND NABY THONGSALA(DORPIE WAAR ONS WOON) EN DAAR IS 5 VISSERKINDERTJIES.EK HET MET HULLE GESELS EN EK WEET DAT EK MET HULLE ‘N PAD GAAN STAP HULLE VRA OOK SAL ONS ASB WEER KOM. HUL HUISE IS REGTIG DIE OUTYDSE BAMBOESHUISE, FOTO VAN HUIS GENEEM, PARTY SO KLEIN DAT MENS NET BINNE KAN SLAAP EN ALLE ANDER DINGE BUITE MOET DOEN..
JA, ONS HET HIER GELEER VAN WAG VIR DIE HERE EN SY TYD EN MOET NIE TE VER VOORUIT BEPLAN NIE, STAP DAG VIR DAG . ONS BESOEK DIE OUMENSE EN JA DIT IS ALTYD GOED OM HUL DANKBAARHEID TE SIEN EN PARTY IS REGTIG OPGEWONDE OOR ONS WEER KOM KUIER. VANDAG OOK VERGROOTGLAS VIR OU DAME GENEEM OM TE KAN BYBEL LEES.
NUWE CHRISTENE KRY SWAAR OP DIE EILAND, BID ASB VIR HULLE EN ONS PROBEER HULLE HANDE STERK MAAK SOVER ONS KAN. DANKIE VIR JUL ALMAL SE BYDRAES EN BETROKKENHEID BY THAILANDSENDING DIT HELP MY
EN COBUS WERKLIK BAIE. ELKE SMS, EMAIL, GEBED, TELEFOONOPROEP EN O JA PAKKIES. LORETTE HET VIR ONS DIE HEERLIKSTE PAKKIE UIT SA GESTUUR. OOO! !! DIT WAS GROOT BEDERF, DROE VRUGTE SOMMER SELFDE DAG ALS OPGEEET. HIER BAIE VARS VRUGTE MAAR DIT WAS WERKLIK BAIE BEDERF.
BAIE DANKIE VIR AL DIE MENSE WAT OOK FINANSIEEL VIR ONS BYDRAES GEE VIR THAILAND SENDING. DIT MAAK GROOT VERSKIL IN DIE WERK WAT ONS HIER DOEN EN ONS WIL NET VIR EEN EN ELK SE BAIE DANKIE DIT WORD WERKLIK BAIE WAARDEER EN AANGEWEND TOT DIE WERK WAT ONS MET DIE THAI MENSE DOEN.
STOFSTORM GROETE EN SANDDUINE LIEFDE
KHOO EN DEE
Thursday, June 5, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment