Thursday, September 15, 2011

Nuwe Gemeente

Ons is baie dankbaar dat daar nou gemeente in Sitanue is, ons bid baie lank vir die area en nou kan die deel van die eiland ook bedien word. Bid asseblief saam met ons dat daar groei sal wees en die paar siele baie mense sal word.

Prayerwalk













Prayerwalk

Met dankbare harte se ons vir u dankie vir u gebede vir die prayerwalk, ons was 59 mense wat gestap het en ons weet die saad wat ons gesaai het sal 'n oes oplewer.

Ons het die voorreg gehad om met verskeie mense oor die Here te praat en aan hulle inligtings
blaadjies uit te deel en ons vertrou dat daar kosbare bekerings sal kom in die volgende paar maande.

Sandduine seen
Khoo en Dee


Die kerkkar werk en ons vervoer mense

van en na die kerk. Ons baie dankbaar dat

ons nou kan help met die vervoer van

die mense.


Almal baie gelukkig en gewoonlik is dit

singende bakkie wat straat af beweeg.


Sandduine seen

Khoo en Dee

Sunday, September 4, 2011

Bybels en Hulpmiddels




Hulpmiddels en Bybels

Ons is baie dankbaar dat ons Thai bybels kon aankoop en ook thai christelike lektuur
terwyl ons in Bangkok was. Ons kon ook hulpmiddels aankoop vir die kerk en sondagskool. Dankie aan elkeen wat bygedra het om dit vir ons moontlik
te maak om aankope te doen.
Sandduine seen
Cobus en Deirdre

DOOP














Dopelinge het ook elkeen nuwe bybel ontvang, dankie aan u wat bydraes gelewer het om die aandkoop van hierdie bybels moontlik te maak.