Monday, July 18, 2011

Kon Kean Kamp

Met groot opgewondenheid het ons
almal vertrek na Kon Kean , dit is
29 ure vanaf Koh Phangan, jy is net
mooi deur gesit as jy daar aankom.

Dit was soos altyd die opoffering werd
ons het 'n ongelooflike kamp beleef,
die wonderlikste was die 300 nuwe
bekeerlinge, wat saam met vriende
die kamp bygewoon het.

Varity Five Baht was groot lekkerte
soos altyd, kon jy hare sny vir net
vyf baht, of jou naels laat verf, selfs
massering was vyf baht.
Koh Phangan het die "Dra jou Kruis"
stalletjie gehad en ja ons het 700
kruise geverf vir die kamp.
Maar dit was soos altyd 'n wenner.

Die Praise en Worship was hoogtepunt
en die sprekers van India was uitstekend.
Ons het baie moeg , maar geestelik
baie sterk terug gekeer na die eiland.

Sandduine Seen
Cobus en Deirdre

Monday, April 25, 2011

Paasnaweek in Thailand






Paasnaweek lyk heel anders as in SA. Mens waardeer nie genoeg die feit dat paasnaweek mens die geleentheid gee om kerk toe te gaan en die kruisiging saam met ander christine te kan vier nie. Hier is dit gewone werksdag en christine moet moeite doen om dienste by te woon. Nie vir almal moontlik nie en dus is ons dankbaar dat ons 2 Paasdienste kon hou op die eiland 06h30 die oggend vir Hope en 19h00 vir Victory Kerk. Ons het ook troue op die Saterdag van paasnaweek gehad en die onthaal was op die strand. Ons was volle 10 mense en dit was voorreg om deel te kon wees van hierdie intieme troue

Saturday, April 9, 2011

Visarun



Goeiedag


Ons moes visarun doen na buurland en Vietnam was die goedkoopste, maar ons kon nie 28 Maart uitvlieg nie en moes voor die tyd vertrek vanaf die eiland, 25 Maart en daarna het die reen begin.. en die eiland in vloed. Eiland afgesny van buite wereld geen ferry.


Water is bo oor ons motorfiets en meer as een meter onder ons huis deur, genadiglik is ons nie tuis nie, dus onbewus van die vloed het ons ongelooflike tyd van rus ervaar


In Vietnam het hulle ons gese 2 dae voor ons gearriveer het hulle vloed gehad in Hoh Chin Ming city. Ons verstom oor God se beskerming ook in hierdie tye van vloede in Thailand. Ons loof die Here dat hy ook bemoeienis maak met ons.

Friday, April 8, 2011

Kitaar


Kitaar vir Lofprysing


Dit was vir ons n voorreg om vir die jongman 'n kitaar te kon gee, sy naam is Jay (Victory Kerk) en hy werk sonder betaaling vir die Here en maak graag musiek, maar het geen kitaar nie.


Aangesien hy met jongmense werk het die Here dit op ons harte gele om vir Jay 'n kitaar te gee om hom te help met sy bediening op die vasteland.


Dankie vir u bydrae wat die moontlikk gemaak het om vir Jay 'n kitaar te kon gee

Naweek van Lof





Naweek van Lof


Vrydag het die naweek op hoogtepunt begin en Wereld Biddag vir Vroue, dit is baie goed bygewoon en die tema was Hoeveel Rys het JY??? Ja vreemd vir westerse wereld, maar hier verstaan vroue wat ons elkeen vir onself kan vra, of gee ons uit ons oorvloed.


Sondag was nog n hoogtepunt. Ons kon 3 Kinders en 3 Volwasse Vroue doop, Ons is baie dankbaar dat Khoa Kan ook gedoop kon word, hierdie dogtertjie is al 2 jaar sonder haar ouers by die kerk en na gesprek het sy gese dat sy gedoop wil word. Bid asb vir haar vir beskeriming.


Dus naweek van groot lof en eer aan Ons Hemelse Vader vir Sy grootheid en die wonderlike dinge wat HY doen hier op die eiland.

Monday, March 7, 2011

Kerk Koh Tao Eiland



Kerk Kohn Tao eiland 70km vanaf Koh Phangan

Ons het met groot vreugde die christene op Koh Tao eiland besoek, die see was maar bietjie rof en ja hierdie ritte verbete altyd Deirdre se gebedslewe, sy nie baie goed met die ferry ritte nie...seesiek is nie 'n man se maat nie.

Die nuwe kerk is in shophouse, baie algemeen in Thailan, jou shop en huis is dieselfde plek. Daar is nog min christene, maar ons is baie opgewonde oor die klein groepie en die kinders.

Sondagskool in Thailand beteken jy kruip saam met die kinders op die vloer, in die klassie was die kinders maar baie jonk, maar hulle het geniet o Jona en die Vis te maak en verstaan van dat vir God is niks onmoontlik nie... ons moet net glo.. dan kan die vis jou maar insluk.. hy sal jou weer uitspoeg.. ja soms voel dit vir ons of ons in die vis se maag is en sien geen lig nie.. maar weet Gog is getrou en Hy se in Sy woord dat Hy gebede beantwoord.. God is nie soos menese nie Hy lieg nie.. daarom kan ons dit vir ons vat en glo..dat ons weer uit die vir se maag sa kom.

ons het nagmaalstel deur Andries gemaak aan die kerk oorhandig en hulle was baie opgewonde. Bybels is ook aan die kinders gegee en volwassenes en ons dankbaar vir ons borge van hierdie bybels en al die sondagskool benodighede. Verder was dit ook moontlik om skoonmaak middele en eetgerei vir hulle te kon neem, Alles is duurder as op ons eiland

Ons is huistoe nadat daar nie plek vir ons op die boot was nie al het ons 6 dae tevore bespreek, met baie gepraat en smeek is ons tog op die boot toegelaat. Maar ons is nie lee hande terug nie, hull het ons met tonne liefde en vars brood en beloftes van dat ons hule gou weer sal besoek vertrek. Ons dank ons Hemelse Vader vir hierdie klein groepie christene op Koh Tao



March 2011


ons moes bietjie opknappingswerk doen aan ons huis wat tydens die monsoon kniediep in die water was. Die mould het die hele stoep oorgeneem en ons moes hoedruk waterspuit leen on die stoep leefbaar te kry.

Ons het tuinmeubels geverf en Cobus het afdak, wat ons by Landlord gekry het, op ons stoep gesit, sodat ons die internasionale caregroup kan hanteer by ons huis... en nou is ons ook uit die son op die stoep.. wonderlik

Baie lekker toevoeging tot ons huishouding was ook die mikrogolf wat Vroue wat Glo vriendinne vir ons aangekoop het. Maak die kosmakery soveel makliker.. nou regte farangs (buitelanders)

Die tuin moes ook 5 vragte skaafsels kry, ja ons handjies was blase gewerk, maar dit lyk baie goed en ons nou eers klaar met die tuin.