Thursday, December 11, 2008

Living Bible

Now this is
the Living Bible:


His name is Bill. He has wild hair, wears a T-shirt with holes in it,
jeans, and no shoes. This was literally his wardrobe for his entire
four years of college.


He is brilliant. Kind of profound and very, very bright. He became a
Christian while attending college.


Across the street from the campus is a well-dressed, very conservative
church. They want to develop a ministry to the students but are not
sure how to go about it.


One day Bill decides to go there. He walks in with no shoes, jeans, his
T-shirt, and wild hair. The service has already started and so Bill
starts down the aisle looking for a seat.


The church is completely packed and he can't find a seat. By now,
people are really looking a bit uncomfortable, but no one says
anything.


Bill gets closer and closer and closer to the pulpit, and when he
realizes there are no seats, he just squats down right on the carpet.

By now the people are really uptight, and the tension in the air is
thick.

About this time, the minister realizes that from way at the back of the
church, a deacon is slowly making his way toward Bill.

Now the deacon is in his eighties, has silver-gray hair, and a
three-piece suit. A godly man, very elegant, very dignified, very
courtly. He walks with a cane and, as he starts walking toward this
boy, everyone is saying to themselves that you can't blame him for what
he's going to do.

How can you expect a man of his age and of his background to understand
some college kid on the floor?

It takes a long time for the man to reach the boy.

The church is utterly silent except for the clicking of the man's cane.
All eyes are focused on him. You can't even hear anyone breathing. The
minister can't even preach the sermon until the deacon does what he has
to do.

And now they see this elderly man drop his cane on the floor. With
great difficulty, he lowers himself and sits down next to Bill and
worships with him so he won't be alone.

Everyone chokes up with emotion.

When the minister gains control, he says,
'What I'm
about to preach, you will never remember. What you have just seen, you
will never forget.'

'Be careful how you live. You may be the only Bible some people will
ever read!'

I asked
the Lord to bless you
As I prayed for you today.
To guide you and protect you
As you go along your way....
His love is always with you,
His promises are true,
And when we give Him all our cares,
You know He will see us through.

Friday, October 10, 2008

DOOP VAN NUWE CHRISTENE


DOOP VAN NUWE CHRISTENE

Dit was wonderlike ervaring om die doop van 11 nuwe lidmate
Van die Hope of Kho Phangan gemeente te beleef, Hulle doen
Nog onderdompeling en die gemeente vergesel die dopelinge na
‘n strand waar die doop plaasvind. Die gemeente staan ook in die
water en sing terwyl die doop plaasvind. Dit was regtig vir
ons ‘n hoogtepunt om 11 van die nuwe bekeerlinge se doop
saam met hulle te kon beleef.

Baie dankie vir u bydrae tot Thailand sending sonder u gebede
En die besoekende gebedsreisigers sou hierdie doop nooit
Plaas gevind het nie. Alle Eer aan ons Hemelse Vader wat
Gebede beantwoord en in die harte van mense kom werk het

Bid asb saam met ons vir die groepe van 2009 en ons glo dat
Daar nog meer mense en grondgebied in Thailand vir die
Hemelse Vader opgeeis sal word

Sandduine seen uit Thailand
Khoo en Dee.

Jongmens Gebedsreis

Goeiedag vriende

Ons is baie opgewonde oor die uitreik wat ons spesiaal vir die jongmense reel in 2009. Dit glo en vertrou ons sal soos hierdie jaar se Junie uitreik groot veranderinge bring in die harte van die mense op die eiland Kho Phangan.

Die beplande gebedsreis vind vanaf 1-18 Julie 2009 plaas.
Die datums kan dalk een dag weerskante toe skuif maar ons gaan probeer om by hierdie datums te hou.

Ons wil gedurende hierdie uitreik grooooot Praise en Worship doen op die eiland en werklik die hele eiland uitnooi om deel daarvan te word asook omliggende eilande en die mainland se mense.

Dus as die HERE JOU ROEP kom help ons om sukses van hierdie geleentheid te maak, ons gaan ook vir die kinders van die eiland werkswinkels met allerhande heerlike jongmens dinge aanbied, waarvoor ons julle talente en energie nodig het.

Koste van die uitreik gaan R15 000 beloop, maar onthou dit is nie jou geld nie, dit is die HERE se geld wat julle net moet gaan haal om deel te wees van hierdie uitreik. Borgvorms is beskikbaar kontak ons sodat ons die nodige vorms vir jou kan aanstuur sodat jy kan begin om mense te nader vir borgskappe.

Opleiding sal verskaf word om jou te help met die voorbereiding van hierdie reis.

VERTEL ASB VIR JOU VRIENDE EN JONGMENSE WAT JY DINK BELANG SAL STEL !!!!! SOVEEL JONGMENSE AS MOONTLIK VIR HIERDIE UITREIK IS NODIG.

ONS HOOP OM SPOEDIG VAN JOU TE HOOR.

Sandduine seen en liefde uit Thailand
KHOO EN DEE
Cobus en Deirdre

Friday, September 26, 2008

September 2008






SEPTEMBER 2008 :THAILAND SENDING

GOEIEDAG VRIENDE
September is die mooiste mooiste maand soos ons dit ken en ons het dit ook hier op die eiland beleef as die maand van wonderwerke en werklike groei van die Christene op die eiland. Ons het egter ook die spanning van opstande teen `n korrupte regering tot met massas van tot 100 000 mense per dag beleef. Dit het die meeste vorme van transport tot stilstand gebring en ons moes 2 dae voor die groep arriveer ons manier van vervoer van trein na bus verander.

Na maande se beplanning het die September gebedsgroep op die eiland ge-arriveer. In gietende reen het ons die Victory en Hope gemeentes besoek, sommige van ons agter op die bakkie in reenjasse. Maar die seen om werklik saam met hulle te kan “praise en worship” was meer seen as die reen. Die groep het ook hulle eerste “spicy” kos gekry, dit beteken baie warm en brand tot anderkant uit.

Ons besoek Oat, Salee en hul seuntjie Ming en bid vir die grond waarop hulle bly, dat die Here dit sal terugeis WANT DAAR WOON BAIE Budhiste en daar is baie beelde en “spirit houses”. Oat vra dat ons vir siek familielid(`n christen) wat op die grond woon, gaan bid. Ons vind die man waar hy toegegooi op `n Thaise houthuis se stoep le. Hy kan hom skaars roer. Terwyl ons bid salf Cobus die man en roep God se beloftes van verhoring van gebede en genesing in Sy naam op. Die volgende dag kry ons die boodskap dat hy heeltemal gesond en op die been is na `n lang siekbed. Prys die HERE vir hierdie genesing.

Besoek Sam Soek, `n vrou wie se man Nam `n sterk buddist is en bid vir haar. Sy bless ons met `n ontbyt, ons glo dat haar man eersdaags tot bekering sal kom so bid asb vir hom. Ons bid ook dat haar oord vol
sal wees die naweek siende daar nie besprekings is nie en ja waarlik twee dae later is die oord vol behalwe vir een kamer. PRYS DIE HERE OOK VIR HIERDIE gebedsverhoring wat ook getuienis aan die buddiste is dat ons tot die enigste ware God bid en Hy leef.

Tuinwerk en opgradering by Victory gemeente is iets waarvoor Cobus en ek al lankal bid en wonder hoe ons die ingang na die Victory kerk kan verbeter. Die groep help en ons omtower die ingang in iets pragtig, maar ook uit hierdie aksie help Soerien die man van die kwekery wat `n Christen is en sy vrou en dogter wat nie is nie, ons met afslag en gee ook plante present vir Victory. Later ontvang die span almal saad wat hulle tuis kan gaan plant en hopelik net so welig sal groei soos die geloof van die mense op die eiland.

Ons gaan bid by ander Christene en op pad huistoe besluit ons om te stop by Laxmi se huis. Sy en Majorie se hul wag vir ons en se hulle het geweet ons kom om saam met hulle te bid. Ons verbasing was baie groot want ons het dit glad nie beplan nie. Ons bid vir God se seen op Luxmi en Geo se naderende beplande huwelikbevestiging.

Ons gaan tel ons T-shirts op by Bee en sy se dat die HERE vir haar gese het dat sy ons wasgoed verniet moet doen. Sy het die bedrag wat ons haar moet betaal met ‘n permanente marker op die plastieksak geskryf en toe sy weer kyk het dit net verdwyn. Dankie dat die HERE ook met nuwe Christene praat. Bid asb vir BEE sodat sy swanger word en sy en haar man Chom Chi hulle sal laat doop.Ons ervaar dat die duiwel hul permanent aanval en probeer verhoed dat hul gedoop word.

Die groep word ge-“bless” met baie etes en sommige aande moet ons 2 maal eet want hulle verstaan net nie dat ons klaar geeet het nie. Die groep is ook deel van die 4 jaar verjaarsdag vieringe van die Hope gemeente se nuwe kerkgebou (wat een van die dae te klein gaan wees). Ons word ge- “bless” met die plaaslike pastoor van Hope op die eiland Kho Samui wat alles vir ons vertaal. Vir die eerste keer vandat ons hier is kan ons ook `n erediens se boodskap volg. Daardie oggend gee twee gaste spontaan hul harte vir God en le Budhisme af. Sederdien woon hul die eredienste by. Bid asb vir Jing en haar seun Naa om nie terug te val nie.

Die politieke situasie in Suid Afrika verswak die Rand se wisselkoers drasties en ons ervaar dit waar jy staatmaak op `n sterk Rand. God is egter so getrou en voorsien in ons daaglikse behoeftes asook in dinge waarvoor ons geroepe voel om te help. Dankie vir elke persoon vir jul gebede, smsé , emails en finansiele ondesteuning op welke wyse ookal. Dankie ook vir die persone wat ons help betaal het aan ons nuwe ryding “sweet sixteen” ons motorfiets se naam, dankie dit maak ons werk net makliker. Ons het ook weer 30 dae visa stempel gekry en moet ons laaste stempel in Oktober kry bid asb solank daarvoor.

Psalm 40 : 6
Die Here my God, U het baie wonders gedoen. U planne vir ons kan met niks vergelyk word nie. As ek van al U wonderdade wil vertel, is dit te veel om te doen.

Dit was maand van wonders en ons staan verstom oor God se kragtige werking op die eiland. BID ASB SAAM MET ONS VIR DIE GEBEDSGROEPE VAN 2009, EN INDIEN GOD JOU ROEP, KOM HELP ONS ASB DIE OES IS GROOT DIE ARBEIDERS MIN.

Stofstorm groete en sandduine seen uit Thailand
Khoo en Dee







Sunday, August 31, 2008

Blog Nuus August 2008





THAILAND AUGUSTUS 2008

Tyd is soos die natuur, soms waai dit verby jou sonder om te stop en dit voel of jy aan die stert van tyd vasklou om by te bly. Ja, ons is oor die halfpad merk van hierdie jaar se verblyf in Thailand.

Die maand het nie goed vir ons begin nie, ek het siek teruggekom van ons Visarun en kon net nie lekker herstel nie. Twee reekse antibiotika het die nierinfeksie die nek ingeslaan. Maar my nog tam gelaat vir ’n week. Cobus se rug het hierdie maand ook deeglik van hom laat hoor. Mens besef eers hoe kosbaar jou gesondheid is, as jy siek in bed met koors is en dat ons mense eintlik net soos die gras van die veld is, vandag hier en more weg.

Gelukkig het ons tydens hierdie tyd die geleentheid gekry om te lees, ja die boek van Dr Isak Burger “Die eesrte 5 minute na die dood”, het my weereens net laat besef dat eintlik niks, maar niks hier op aarde eintlik van belang is, as dit nie ewigheidswaarde het nie. Dit was ook vir my die realiteit van 5 minute na jou dood sal die gehardste satanis glo dat God bestaan, maar dan is dit te laat vir altyd. Daarom weet ons hoekom ons hier is om God se woord te verkondig en vir die Thai’s te vertel dat God werklik leef en dat HY ONS ENIGSTE REDDING IS.

Ons is ook geseen met wonderlike goed die maand…………
Al die nuwe Christene is nog by die kerk werklik ‘n hoogtepunt . Een van die dae sal ons moet kyk na moontlikhede om die kerk te vergroot. Die sondagskool bars behoorlik uit sy nate met 20 kinders en ja ons klas area is te klein. Wonderlik, prys ons Vader vir hierdie kinders en bid baie spesiaal vir hulle.

Daar het ook hele 8 mans opgedaag by die sondag se erediens, dit is rekord vir die gemeente en ons is baie dankbaar. Werk en bid baie hard aan die wat nog verlore is binne christen gesinne. Cobus vorder ook fluks met sy engelse taallesse en het nou ook die man van die gasstasie wat privaatklasse by ons huis kry. Hy wil dol graag met Cobus praat en leer baie fluks…bid asb vir wonderwerk ook vir hom want hy het `n seer wat nou al 6weke op sy voet is en nie wil genees, dat dit sal genees.



Deirdre het besluit om die groot stap te neem en `n plaaslike eiland haarsny te waag, nadat ek baie tevrede was na my haarsny. R 25 verder het sy haar hare soos sy dit altyd in Pretoria laat sny het, uitgedin soos sy daarvan hou. Ons het ook besluit om ons tuin weer reg te ruk na die kwaai hitte en droogte van die laaste ruk.Ons het meer geharde plante ingesit, speel ook lekker met seesand, korale, skulpe, ens in die tuin.

Ons moes ook `n ander motorfiets koop nadat die een wat ons ry se baas in die komende maand na die eiland terugkeer. Ons was onder die indruk dit is die kerk se motorfiets, maar nou ja, kommunikasie met die Thais bestaan uit `n reeks misverstande. Die Here het net weereens vir ons bewys dat Hy in beheer is, siende ons besig was om geld te spaar vir ons vliegtuigkaartjies vir Feb`09 en dit toe vir die onbeplande aankoop moes gebruik. Ons besef ons moet weet God sal voorsien en ons moet dit nie self doen nie.

Ons sien met `n groot verwagting uit na die gebedsgroep wat oor `n week in Bangkok arriveer. Ons weet al uit ondervinding dat wanneer ons begin bid en die grond (families) vir God begin opeis, Hy wonderwerke laat gebeur. . Die Thaise christene bid voluit vir nog gebedsgroepe, want soos hulle se “God bless us since the missionaries from Africa are here”. So luister asb mooi of God jou nie roep vir `n gebedsreis nie.

Baie dankie aan u al ons vriende dit is werklik u gebede en ondersteuning deur : GEBED, finansies, smsé , emails telefoonoproepe en skype wat ons staande hou. Elkeen van u se betrokkenheid by Thailand sending word opreg waardeer. Die kleinste gebaar gaan nie ongesiens verby nie.

Stofstorm groete en sandduine seen vanaf Thailand
Khoo en Dee
(Cobus en Deirdre van Wyk)

Lee Ruimte Bied Plek

GOEIEMORE GEBEDSREISIGERS

DIT IS MET JUBEL IN MY HART WAT EK JULLE VANOGGEND GROET, ONS HET ONGELOOFLIKE NAWEEK ERVAAR BY DIE KERK HIERDIE WEEK....ONS WIL REGTIG NET VOOR DIE HERE DANS MET 'N LOFLIED VIR AL DIE MENSE WAT HY NA SY HUIS GELEI HET SONDAG.

ONS HET HELE 8 MANS DAARGEHAD EN BOONOP 20 KINDERS REKORD VIR DIE TYD WAT ONS HIER IS.....EN ONS WEET MET JULLE HULP EN GEBEDE GAAN HIER NOG VEEL GROTER GOED VIR DIE HERE GEBEUR OP HIERDIE EILAND. ONS EIS ELKE STUKKIE GROND TERUG VIR ONS HERE EN GOD EN GLO IN TYD SAL HIER NET STOWWERIGE BUDDHA BEELDE WEES WAT BEWYS IS VAN HOE VER HULLE VAN DIE HERE WAS.

NOU, JA JULLE IS BYNA OP PAD EN DIE LAASTE VOORBEREIDING IN SA LE NOG VIR JULLE VOOR, VANDAG DEEL EK HUISWERK UIT ELKEEN VAN JULLE MOET ASB KLAAR IN SA 2 BYBELSTUDIES UITWERK WAT ONS AS GROEP SAAM KAN DOEN, DAN MOET JULLE MAAR BESLUIT IN JULLE GROEP WIE DIT GAAN DOEN EK WIL OOK 2 ENGELSE BYBELSTUDIES VANAF JULLE VOORBEREI HE, DIT MOET VAN SO AARD WEES DAT JY DIT HIER KAN LOS VIR LATERE GEBRUIK.

DIE SKRIF WAT EK VIR JULLE AS GROEP WIL GEE IS BAIE BEKEND AAN ONS ALMAL
EFESIERS4:27
GEE AAN DIE DUIWEL GEEN PLEK NIE

DIKWELS KRY SATAN PLEK N ONS GEDAGTES OMDAT ONS LEE RUIMTES LOS VI HOM. DIE BESTE MANIER OM SATAN TEE TE STAAN IS OM JOU GEDAGTES VOL TE MAAK MET REGTE GEDAGTES. PASOP...VIR PASSIEWE LEWE WANT MENS DINK JY DOEN NIKS VERKEERD NIE OMDAT JY NIKS DOEN NIE. ONS GEE JUIS DIE DUIWEL VATKANS IN ONS LEWE OMDAT ONS NIKS DOEN NIE.
PASSIWITEIT KAN OORKOM WORD, OORWIN DIT IN JOU DENKE EN DAN SAL DADE AUTOMATIES VOLG.

IN HIERDIE LAASTE DAE VOOR JUL VERTREK GLO EK DAT JULLE MOET OPPAS VIR DIE AANSLAE VAN DIE DUIWEL - WAT JULLE GAAN TAKEL. WEES VOORBEREID EN BID EN KRY VERSTERKING UIT GOD SE WOORD VIR ELKE DAG EN WEET JULLE VEG NOU IN DIE VOORSTE LINIE EN DIE DUIWEL HOU NIE DAARVAN NIE. ONTHOU DIE DUIWEL SIDDER AS ONS BID, WANT HY WEET DAT GOD SY KINDERS SE GEBEDE BEANTWOORD .

BID OOK VIR JULLE REIS EN GESINNE WAT AGTERBLY
BID VIR DIE MENSE VAN DIE EILAND
BID VIR COBUS EN DEIRDRE
BID VIR JULLE EIE LAASTE VOORBEREIDING
BID VIR HOPE EN VICTORY KERKE
BID VIR CHRISTENE EN HERLEWEWING OP EILAND
DANKIE DAT JULLE SAAM MET ONS BID EN JULLE SAL DIT OOK KOM ERVAAR DAT GOD WERKLIK LUISTER EN ONS GEBEDE BEANTWOORD.

BAIE SEEN EN MAG JULLE HIERDIE WEEK DIE NABYHEID VAN GOD SE VADERHART ERVAAR IN ELKEEN VAN JULLE SE LEWENS.

KAN JULLE ASB SORG DAT DINA OOK HIERDIE EPOS KRY DANKIE.
STOFSTORM GROETE EN SANDDUINE SEEN UIT THAILAND.
KHOO EN DEE

Nuwe Alles





HALLO JULLE

JA DIT VOEL OMTRENT ASOF ONS ALLES NUUT HET NA HIERDIE WEEK. EK(COBUS) HET MAANDAG GAAN HARE SNY EN WAS VERBAAS OOR HOE DIE VROU VERSTAAN HET WAT EK BEDOEL EN OOK UITDUN SKERE HET. DEIRDRE HET OOR DIE VOLGENDE PAAR DAE MOED BYMEKAAR GESKRAAP EN DIE GROOT STAP GENEEM OM HIER PLAASLIK TE LAAT SNY..

AANGEHEG IS DIE FOTO MET ONDER ANDERE HAAR NUWE OF ANDERSGESPROKE OU HAARSTYL.DIE VROU HET HAAR HARE MOOI GESNY NA `N PAAR KEER SE VERDUIDELIK EN EK VIR HAAR (HAARKAPSTER) HAAR UITDUNSKER UIT DIE LAAI GAAN HAAL HET OMDAT SY DIE ANDER EEN TE VEEL WOU GEBRUIK. DIE RESULTAAT WAS DAT DEIRDRE HEEL TEVREDE WAS EN SY HAAR OU STYL TERUG HET.

DIT IS BAIE DROOG OP DIE EILAND (IN ONS DEEL) EN DIE TUIN KRY MAAR SWAAR. ONS HET IN DIE WEEK DIE TUIN GEDEELTELIK OPGEGRADEER NA PLANTE WAT ONS SIEN HIER AKKOMMODEER. SO OOK `N "NUWE" TUIN.

DIE LAASTE RUK PLA DIT MY WANT EK BLY WONDER OOR ONS MOTORFIETS SE LISENSIE. AS EK MET vISAL DAAROOR PRAAT DAN IS DIT "NO PROBLEM" . DONDERDAG BESLUIT EK EK WIL DIE LISENSIE HERNU EN VRA VIR HOM DIE PAPIERE NET OM UIT TE VIND DAT DIT TINA, `N VROU WAT VOLGENDE MAAND TERUGKOM VAN DENEMARK AF, SE MOTORFIETS IS. SY HET HOM BY VISAL GELOS VIR SY GEBRUIK, SEKER MAAR GOEIE MANIERE, EN HY HET BESLUIT ONS KAN DIT GEBRUIK. ONS DOG DIT IS DIE KERK S`N.

SO ONS MOES VINNIG SOEK VIR `N BETROUBARE DOG GOEDKOOP MOTORFIETS. HET `N KEUSE VAN 3 GEHAD EN ONS ÌS NOU EIENAARS (PAPIERE OP VISAL SE NAAM) VAN `N MOTORFIETS. SO `N GROENE, 125CC HONDA DREAM SCOOTER.

DIT IS ONS NUUS VIR DIE WEEK, BEHALWE DAT DEIRDRE BUITE BESIG IS OM REG TE MAAK VIR ETE MET VISAL HULLE.

LIEFDE

DIE EILANDBEWONERS