Sunday, November 4, 2012

Doop van lidmate



Dit is soos altyd voorreg om nuwe christene te kon doop en ons het die voorreg gehad om nuwe christene te doop in die see naby die nuwe kerk.  Bid asb saam met ons dat hierdie nuwe christene die genade en liefde van ons Hemelse Vader in oormaat sal ontvang.

Kerk kamp

Die tyd vlieg so snel verby en die kerkkamp vir suidelike Thailand  het baie vinniger aangebreek as wat ons kon dink.  Dit was weereens ongelooflike ervaring en ons dankbaar om dit saam met ons Thai boeties en sussies kon bywoon.  Ons het ook sertifikaat ontvang by hierdie kamp vir ons volgehoue ondersteuning van die Thai kerke en christene.  Ons baie dankbaar maar eer en lof aan ons Hemelse Vader wat dit vir ons moontlik maak.  Ons was 11 Farangs by die kamp en hulle het vir ons getolk dat die spoeg spat.  Weereens was die Praise en Worship wonderlike ervaring saam met meer as 2000 thai christene.  Die bakkie het ongelooflik hard gewerk en ja die rekord is nou 21 mense wat van die kamp na die hotel vervoer is.  Ons het ook ons deel van Thailand se korrupsie ervaar en boete van 1000 baht gekry vir ons nuwe nommerplate, jy word beboet maak nie saak of daar iets verkeerd is of nie. 

Cobus het geleentheid gekry om te kon getuig oor
hoe die Here hom aangeraak het.


 
                                          So moet bakkie mos lyk as hy gelaai is.....
Sandduine seen

Cobus en Deirdre

Monday, September 3, 2012

Kleure vreugde

Chaloklum se kinders spoeg met nuwe bankies, heerlike vrolkie oranje
begroet ons kinders nou is daar genoeg plek vir ons almal om te sit
en lekker te kan inkleur..Dankie dat julle die bankies vir ons moontlik gemaak
het..lief julle kinders van Chaloklum..
Sandduine seen

Cobus en Deirdre

Pos uit Suid Afrika




Pos uit Suid Afrika

Ons het kosbare pos ontvang uit Suid Afrika van AGS Sileom kerk, die kinders
het vir ons boekmerkies gemaak en is uitgedeel aan kinders en volwassenes
ons se baie dankie aan die Kinders vir hulle kosbare boekmerkies

Kerk .....trek

Ja u almal weet al baie lank dat Hope kerk moet trek, hoe en wanneer was altyd die vraag?
Donderdag hoor ons volgende Dinsdag moet kerk klaar getrek wees, dit was behoorlik 'n
geskarrel en ja daar is jare gebid vir ander opsie en so voorsien ons Vader aan ons huis
net 200meter van die ou kerk af, heelwat kleiner, maar baie meer reen bestand en die Praise
en Worship team hoef nie elke keer alles te bere nie, Daar is bonus by gastekamer en gebedskamer
ons is baie opgewonde oor hierdie trek, net ons kinders kort dakkie oor hulle koppe maar vir nou is die mangoboom ons gednadig met sy skadu.....dus bid asb saam geen reen sondagoggende nie.
Dankie Jesus ook vir hierdie nuwe gebou wat U aan ons voorsien het.