Tuesday, February 7, 2012

Kinderdag Koh Phangan







Ons het insamewerking van die regering en

ander betrokkens 'n kinderdag op die eiland

gehad , waar ons ballone en geestelike lektuur

aan die kinders kon oorhandig. Met trots kan ons

ook se dat vele van die christen kinders beurse

ontvang het vir hul prestasies in die skool.

Ons geluk wense aan al ons kinders wat

so mooi presteer.


Sandduine Seen

Cobus en Deirdre





Heerlike Reen





















Ons is terug en ja ons het heerlike reen ontvang hier
op die eiland 200mm in eendag en toe was alles onder
water.

Gaan goed met ons caregroup in Chaloklum.
Sit vir jul foto's van die jongste gebeure.

Sandduine Seen
Cobus en Deirdre


Thursday, February 2, 2012

Verjaardag in Thailand

Verjaardag vier in Thailand is heeltemal anders as in SA, het die vriende en
familie gemis, maar dit was nogtans baie spesiale verjaadag.

Ek was bevoorreg om verjaardag hier te kon vier saam met Thai's wat ook
in Januarie verjaar. Ons het heerlike gebedsaand gehad en baie lekker
saam gekuier om pot ryssop en ja regte klein nie koek .
Met kersies en al. Voorreg om saam met die Thai christene my verjaardag
te kon vier.

Erica het ook verjaar en die Farangcare het ons bederf met verjaardagpartytjie.
Ons het regte aarbei roomkoek en snacks geniet en ja ek het wonderlike
geskenke ontvang.

Cobus het my ook bederf met kaaskoek vir ontbyt , ons was op die trein die
oggend oppad terug vanaf Bangkok, ons het die voorreg gehad om Joyce Meyer
te kon gaan kyk..Nog 'n droom wat waar geword het, Dankie Jesus ook vir
hierdie bederf, die Thai's het ons geborg vir die konferensie van Joyce Meyer.
Heerlike seen van hulle af.

Sandduine Seen
Cobus en Deirdre

Monday, October 24, 2011

Kinders kosbare perels













Kids Camp

Ons is baie trots om te se die eerste Christelike kinderkamp is op die eiland gehou en 84 kinders het dit bygewoon. Ons baie opgewonde oor hierdie kamp en weet dat dit tot iets groot gaan groei. Die kinders het baie pret beleef en ook die evangelie op pret manier geleer, baie van hierdie kinders is nie christene nie. Ons dank ons Hemelse Vader dat Hy ook hierdie kamp moontlik gemaak het op die eiland.
"Laat die kindertjies na my toe kom en verhinder hulle nie"
Liefde in Jesus
Cobus en Deirdre