Thursday, September 15, 2011



Die kerkkar werk en ons vervoer mense

van en na die kerk. Ons baie dankbaar dat

ons nou kan help met die vervoer van

die mense.


Almal baie gelukkig en gewoonlik is dit

singende bakkie wat straat af beweeg.


Sandduine seen

Khoo en Dee

Sunday, September 4, 2011

Bybels en Hulpmiddels




Hulpmiddels en Bybels

Ons is baie dankbaar dat ons Thai bybels kon aankoop en ook thai christelike lektuur
terwyl ons in Bangkok was. Ons kon ook hulpmiddels aankoop vir die kerk en sondagskool. Dankie aan elkeen wat bygedra het om dit vir ons moontlik
te maak om aankope te doen.
Sandduine seen
Cobus en Deirdre

DOOP














Dopelinge het ook elkeen nuwe bybel ontvang, dankie aan u wat bydraes gelewer het om die aandkoop van hierdie bybels moontlik te maak.










DOOP

Dit is vir ons groot voorreg om met julle te deel, van die
wonderlike ervaring van die doop van nuwe lidmate
by Hope kerk. Daar is 10 mense gedoop en ons baie
opgewonde oor hierdie nuwelinge.

Bid asb vir hulle, dat nie een van hulle sal terugval nie.
Sandduine seen
Cobus en Deirdre

Saturday, September 3, 2011

Visa Run







Ons het ook die geleentheid gehad om weeshuis te besoek en vir hulle rys te kon neem.

Hierdie kinders is ook die gevolg van Vigs en dit is tragies om te sien hoe baie kinders

sonder ouers groot word, agv hierdie sedelike verval.






Visa Run

Ons onlangse visa run het ons net
besef hoe arm hierdie mense in Asia
is, geestelik arm. Combodia is baie
arm en die tekens van die Khemer
Rouge kan mens nog orals sien.

Tydens 1975-1979 is helfte van die
bevolking vermoor deur Khemer Rouge.
Almal wat enigsins kon lees of skryf is
vermoor. Afgryslike tonele kan nie
glo hoe wreed mense vermoor is nie.

Daar is min chirstene en ons kan net
bid vir hierdie mense, ons het die
geleentheid gehad om een kelner
in ons hotel na die Here te lei.

Dankbaar ook vir hierdie geleentheid.

Sandduine Seen
Cobus en Deirdre