Friday, April 8, 2011

Naweek van Lof





Naweek van Lof


Vrydag het die naweek op hoogtepunt begin en Wereld Biddag vir Vroue, dit is baie goed bygewoon en die tema was Hoeveel Rys het JY??? Ja vreemd vir westerse wereld, maar hier verstaan vroue wat ons elkeen vir onself kan vra, of gee ons uit ons oorvloed.


Sondag was nog n hoogtepunt. Ons kon 3 Kinders en 3 Volwasse Vroue doop, Ons is baie dankbaar dat Khoa Kan ook gedoop kon word, hierdie dogtertjie is al 2 jaar sonder haar ouers by die kerk en na gesprek het sy gese dat sy gedoop wil word. Bid asb vir haar vir beskeriming.


Dus naweek van groot lof en eer aan Ons Hemelse Vader vir Sy grootheid en die wonderlike dinge wat HY doen hier op die eiland.

Monday, March 7, 2011

Kerk Koh Tao Eiland



Kerk Kohn Tao eiland 70km vanaf Koh Phangan

Ons het met groot vreugde die christene op Koh Tao eiland besoek, die see was maar bietjie rof en ja hierdie ritte verbete altyd Deirdre se gebedslewe, sy nie baie goed met die ferry ritte nie...seesiek is nie 'n man se maat nie.

Die nuwe kerk is in shophouse, baie algemeen in Thailan, jou shop en huis is dieselfde plek. Daar is nog min christene, maar ons is baie opgewonde oor die klein groepie en die kinders.

Sondagskool in Thailand beteken jy kruip saam met die kinders op die vloer, in die klassie was die kinders maar baie jonk, maar hulle het geniet o Jona en die Vis te maak en verstaan van dat vir God is niks onmoontlik nie... ons moet net glo.. dan kan die vis jou maar insluk.. hy sal jou weer uitspoeg.. ja soms voel dit vir ons of ons in die vis se maag is en sien geen lig nie.. maar weet Gog is getrou en Hy se in Sy woord dat Hy gebede beantwoord.. God is nie soos menese nie Hy lieg nie.. daarom kan ons dit vir ons vat en glo..dat ons weer uit die vir se maag sa kom.

ons het nagmaalstel deur Andries gemaak aan die kerk oorhandig en hulle was baie opgewonde. Bybels is ook aan die kinders gegee en volwassenes en ons dankbaar vir ons borge van hierdie bybels en al die sondagskool benodighede. Verder was dit ook moontlik om skoonmaak middele en eetgerei vir hulle te kon neem, Alles is duurder as op ons eiland

Ons is huistoe nadat daar nie plek vir ons op die boot was nie al het ons 6 dae tevore bespreek, met baie gepraat en smeek is ons tog op die boot toegelaat. Maar ons is nie lee hande terug nie, hull het ons met tonne liefde en vars brood en beloftes van dat ons hule gou weer sal besoek vertrek. Ons dank ons Hemelse Vader vir hierdie klein groepie christene op Koh Tao



March 2011


ons moes bietjie opknappingswerk doen aan ons huis wat tydens die monsoon kniediep in die water was. Die mould het die hele stoep oorgeneem en ons moes hoedruk waterspuit leen on die stoep leefbaar te kry.

Ons het tuinmeubels geverf en Cobus het afdak, wat ons by Landlord gekry het, op ons stoep gesit, sodat ons die internasionale caregroup kan hanteer by ons huis... en nou is ons ook uit die son op die stoep.. wonderlik

Baie lekker toevoeging tot ons huishouding was ook die mikrogolf wat Vroue wat Glo vriendinne vir ons aangekoop het. Maak die kosmakery soveel makliker.. nou regte farangs (buitelanders)

Die tuin moes ook 5 vragte skaafsels kry, ja ons handjies was blase gewerk, maar dit lyk baie goed en ons nou eers klaar met die tuin.

Friday, March 4, 2011

Bybels in Thailand



Ons was bevoorreg om weer te kon bybels bestel... Groot was ons verbasing om te hoor ons kan nie dadelik bybels kry nie, op wag lys,

Dit is absoluut goeie teken en ons is dankbaar, dat dit blyk of die Christendom in Thailand tog groei.

Ons het bybels ontvang en aan Christene gegee. Weereens was dit vir elkeen sy bybel sal lees en meer kennis van die woord sal bekom.

Tuesday, February 22, 2011

Chinese Nuwejaar 2011



Ons het ook heerlik gekuier saam met Haan en Doreen van Botswana. Saam kon ons ook die Chinese nuwejaar vier op 3 Februarie 2554, ja geen tik fout nie hulle is in die jaar 2554.

Dit is ook die jaar van die haas, ons was ook bevoorreg om Koos, Lynette en Rinda as metgesele te kon he...

Saam het ons, ons verwonder oor die pragtige liggies en die Chinese gesinne in tradisionele drag geklee.

Dus het ons pas nuwe, nuwejaars voornemens kon maak, want meeste mense sin hou gewoonlik net 'n maand. Ha Ha

Mag U elkeen 'n wonderlike nuwe jaar beleef en onthou geen haaspastei die jaar nie

Valentynsdag Februarie 2011


Ons het 'n ongelooflike "Jesus is Liefde Fees" gevier, dit is ons manier hier om Valentynsdag te fier. Ons het by die kerk 'n Praise en Worship gehou om Jesus se liefde vir ons te vier. Daar het ook 2 mense gereageer op die uitnodiging van Jesus het jou lief... en jy?

Ken en Weeta het hulle harte vir die Here gegee en ons is baie dankbaar vir hierdie twee nuwe christene, bid asb vir hulle.


Valentynsdag 2011